Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NSRI, publiek help verskeie in nood aan Weskus

Drie bote het oor die Paasnaweek in die moeilikheid beland in onderskeidelik Langebaan en St. Helenabaai aan die Weskus, en lede van die publiek, asook die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het hand bygesit om die bemanningslede te help.

Die eerste boot het Sondag naby Schaapeneiland by die Langebaanmeer omgeslaan.

Die Spirit of Surfski 5 het gehelp om ’n sinkende boot na veiligheid te bring. Foto: NSRI.org.za

Toe die NSRI om 14:17 op die toneel kom, het private booteienaars reeds al die bemanningslede aan wal gebring. Die boot is met behulp van omstanders uit die water getrek, het Morne Dettmer, stasiebevelvoerder van die NSRI Mykonos, Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Die NSRI is daarna uit na Shelly Point, St. Helenabaai, nadat hulle ingelig is dat ’n bootjie met vyf bemanningslede aan boord besig was om te sink en dat hulle ’n noodfakkel afgevuur het.

“Met ons aankoms was al vyf die mense veilig, en die boot was nie besig om te sink nie,” sê Dettmer.

“Die boot se stuur was foutief, maar die bemanningslede van ’n ander boot het die skipper gewys hoe om die noodstuur te gebruik.”

Later dieselfde dag het personeel van die NSRI Mykonos ’n boot wat besig was om te sink tussen die Langebaan-jagklub en Shark Bay gaan help.

“Daar gekom, was ’n lid van die NSRI Houtbaai, Franco Viotti, met ’n vriend se boot reeds besig om die sinkende boot regop te trek. Die boot is na die klub gesleep en aan die eienaar oorhandig,” sê Dettmer.

Niemand is in enigeen van die voorvalle beseer nie.

* Sondag was die laaste dag waarop Weskus-kreef uitgehaal kon word.

Meer oor:  Seeredding  |  Nsri  |  Paasnaweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.