Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NSRI staan bont in Witsand

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die naweek bontgestaan om verskeie hengelaars in kajakke by Witsand in die Suid-Kaap te hulp te snel.

Saterdag omstreeks 14:30 is berig ontvang op die selfoon-app NSRI RSA SafeTrx van ’n hengelaar in ’n kajak wat in die moeilikheid is.

Die NSRI se Falcon Rescuer is uitgestuur terwyl NSRI-lede wat gehengel het, ook op hul eie boot na die toneel is.

Die Falcon Rescuer het die hengelaar by die “Hen en Kuikens”-gebied opgemerk en in hul boot gelaai. Sy kajak is ook gevind. Die man is nie beseer nie.

In daardie stadium is nog ’n noodberig ontvang van twee hengelaars in kajakke wat by Infanta in die moeilikheid was. Dit het egter geblyk dat dit twee branderplankryers is wat geen bystand benodig het nie.

Met albei die bote se terugkeer het hulle ’n hengelaar in ’n kajak teëgekom wat teen die uitgaande gety baklei het.

Die Falcon Rescuer het by die hengelaar gebly totdat hy in veilige waters was.

In nog ’n voorval Vrydag net ná 07:00 is die NSRI ontbied toe ’n hengelaar in ’n kajak by die Punt by Infanta in die moeilikheid was. Die hengelaar se selfoon het egter per ongeluk ’n noodoproep via die NSRI se nood-app gemaak. Die man het geen bystand benodig nie.

Om 11:10 is nog ’n hengelaar gehelp waar hy uit sy kajak geval het.

In dié tyd was nog ’n hengelaar in ’n kajak in die moeilikheid en ook hy is op ’n NSRI-boot gelaai en strand toe geneem. Albei die hengelaars was uitgeput, maar verder ongedeerd.

Meer oor:  Nsri  |  Witsand  |  Hengelaars  |  Kajakke  |  Reddingspogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.