Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NSRI waarsku oor groot branders

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) waarsku strandgangers en ander mense op die see om Dinsdag versigtig te wees aangesien groot, kragtige branders verskuil tussen kleiner branders langs die kusgebied gaan voorkom.

“ ’n Vinnige blik op die see gedurende ’n rustige periode in die branders sal nie noodwendig die verborge gevaar van groter en sterker branders wys nie,” sê Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI.

“Daar is kommer dat hengelaars, strandgangers en stappers aan die kus onverhoeds deur so ’n onreëlmatige groot brander gevang kan word wat hulle moontlik van die rotse kan afslaan. Roeiers, mense op bote en branderplankryers kan ook onkant betrap word,” sê Lambinon.

“Die NSRI maan die publiek om versigtig te wees.”

Meer oor:  Nsri  |  Groot Branders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.