Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nuusdag van e.tv oornag gesluit

Die TV-nuusaanbieders Suzaan Steyn, Rozanne McKenzie en Elvis Presslin is deel van ’n span wat hul werk kwyt is nadat e.tv uit die bloute aangekondig het hy sluit sy Afrikaanse nuusbulletin, Nuusdag, en die Sondagaand-gespreksprogram Nuusdag perspektief.

Suzaan Steyn Foto: Nardus Engelbrecht

Albei is op e.tv se gratis televisiediens OpenView en die DStv-kanaal eExtra uitgesaai.

Personeel was geskok toe hulle Woensdag daarvan ingelig is, sê ’n werker by die kanaal.

“Hul hantering van die saak was nie menslik nie,” sê die werknemer, wat anoniem wil bly.

Volgens nóg ’n werknemer is hulle Woensdag meegedeel dat Nuusdag Vrydag vir die laaste keer uitgesaai sou word.

Die rede vir die besluit was dat die program nie winsgewend is nie, sê die werker.

“Van die vryskutaanbieders is nie eens in kennis gestel van die besluit nie en het Donderdag nog kom werk.” Daar is vir hulle gesê daar sal probeer word om vir hulle werk elders in die maatskappy te vind.

Nuusdag is aanvanklik saans om 20:00 uitgesaai, maar later na 18:30 verskuif – dieselfde tydgleuf as SABC2 se Afrikaanse bulletin. eNuus (wat saans op kyk­NET uitgesaai word) se werkers is per e-pos ingelig dat hul werk nie in gedrang is nie.

E.tv sê in ’n verklaring sy besluit om Nuusdag te staak is weens “ ’n hersiene strategiese sakebenadering”.

Meer oor:  Suzaan Steyn  |  Elvis Presslin  |  Rozanne Mckenzie  |  Nuusdag  |  Etv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.