SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
‘Nuwe era van eenheid by NWU ingelui’
Prof. Fika Janse van Rensburg, nuut aangestelde waarnemende adjunkvisekanselier van die Noordwes-Universiteit op die Potchefstroom-kampus.Foto: Mary-Ann Palmer, argief

Nuwe senior aanstellings by die Noordwes-Universiteit (NWU) is gemaak as deel van die herstruktureringsproses om die universiteit as ’n eenheid te laat funksioneer.

Dié nuwe aanstellings tree op 1 Julie in werking.

Prof. Fika Janse van Rensburg, huidige waarnemende rektor van die Potchefstroom-kampus, is aangestel as adjunkvisekanselier wat verantwoordelik sal wees vir die Potchefstroom-kampus. Janse van Rensburg se aanstelling is waarnemend tot 31 Desember vanjaar.

Luidens ’n verklaring van die NWU is prof. Linda du Plessis as adjunkvisekanselier op die Vaaldriehoekkampus aangestel.

Prof. Linda du Plessis, nuut aangestelde waarnemende adjunkvisekanselier van die Noordwes-Universiteit op die Vaaldriehoekkampus.Foto: NWU

Die naam van die nuwe adjunkvisekanselier op die Mafikeng-kampus sal later bekend gemaak word.

Prof. Lumkile Lalendle is aangestel as die uitvoerende direkteur van studentelewe.

Dié nuwe statuut behels dat die drie kampusse as sake-eenhede wegval, het prof. Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi, visekanselier, vroeër gesê.

“Die fokus is nie meer op ’n maroen Puk- of blou Mafikeng- of groen Vaaldriehoekkampus nie, maar die vakgroepe en skole wat onder hul onderskeie fakulteite met ’n enkele uitvoerende dekaan sal funksioneer.”

Froneman het gesê dit is hoe ’n akademiese eenheidskultuur bevorder sal word en die universiteit se verskeidenheid versterk sal word.

Die hart van die NWU sal nou sy agt fakulteite wees, wat oor kampusse heen sal funksioneer.

Die uitvoerende dekane van elke fakulteit is aangestel:

  • Ekonomiese en bestuurswetenskappe: Prof. Sonia Swanepoel;
  • Geesteswetenskappe: Prof. Marilyn Setlalentoa;
  • Gesondheidswetenskappe: Prof. Awie Kotzé;
  • Ingenieurswese: Prof. LJ Grobler (waarnemend);
  • Natuurwetenskappe en landbou: Prof. Eno Ebenso;
  • Opvoedkunde: Prof. Robert Balfour (waarnemend);
  • Regte: Prof. Stephen de la Harpe (waarnemend);
  • Teologie: Prof. Rantoa Letsosa (waarnemend).

Kgwadi sê in ’n verklaring die NWU-raad het die grondwet van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) en die kampusstudenterade goedgekeur.

Lees ook: NWU se SR-voorsitter praat oor nuwe struktuur

“Dit lui ? nuwe era in in die lewe van NWU-studente. Ons strategie is gemik op die totstandbrenging van ’n unitêre universiteit oor die drie kampusse heen waar ons die volle verskeidenheid van ons diversiteit vier en waar ons op elkeen van ons kampusse ? sosiaal inklusiewe omgewing skep wat studentesukses bevorder en studente behoorlik voorberei vir die wêreld van werk,” sê Kgwadi.

Prof. Lumkile Lalendle, nuut aangestelde uitvoerende direkteur van studentelewe.Foto: NWU

Hy sê die VSR sal in Augustus 2017 verkies word.

“Ek moedig alle studente aan om deel te neem aan die verkiesingsproses en om sodoende die kultuur van betrokkenheid, verdraagsaamheid en debatvoering uit te leef – wat al ons aktiwiteite behoort te kenmerk.”

Meer oor:  Potchefstroom  |  Nwu  |  Johannes Froneman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.