Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nuwe Nguni’s by Vergelegen gebore

Meer as 130 Nguni’s is die afgelope tyd op die Vergelegen-landgoed in Somerset-Wes gebore.

Die landgoed is die tuiste van meer as 400 stuks Nguni-vee.

Vergelegen se Nguni-stoet is in Augustus 2010 geregistreer. Sedertdien floreer die stoet, luidens ’n verklaring. 132 Nguni’s is die afgelope tyd op die landgoed gebore.

Die Nguni-bul met ’n “V” op sy voorkop.
’n Nguni-bulletjie wei saam met sy ma.

Die trop waarmee geteel word, bestaan uit 146 koeie, sê Wayne Coetzer, Vergelegen se besturende direkteur.

Bykomend is ’n trop van 66 verse en 70 osse (gekastreerde bulle) wat verlede jaar tussen Junie en Augustus gebore is. Hulle maak nie deel uit van die trop waarmee geteel word nie.

Hoewel al die nuwelinge mooi is, staan ’n jong bul, wat vanjaar gebore is, uit omdat hy ’n perfekte “V” op sy voorkop het. Hy sal as Vergelegen se “V”-bul gebruik word vir telery, sê Coetzer.

Die trop wei weeksdae in weivelde terwyl ’n veewagter by hulle is. Snags en oor naweke word die diere in kampe gehou.

Gaste sien gereeld die imposante diere terwyl hulle na die wynproe-sentrum onderweg is (gaan deur die toegangshekke en kyk regs).

Die landgoed is 320 jaar oud en is van Maandag tot Sondag van 09:00 tot 17:00 oop (die laaste toegang is om 16:00).

Toegang beloop R10 vir volwassenes en R5 vir pensioentrekkers en skoliere. Maandae is toegang vir pensioentrekkers gratis.

Meer oor:  Vergelegen  |  Somerset-Wes  |  Landbou  |  Boerdery  |  Beeste  |  Diere  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.