Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nuwe vlug vir sakelui tussen Kaapstad en Saldanhabaai

20 minute. Dis hoe lank jy nou regstreeks van Kaapstad na Saldanhabaai kan vlieg as jy wil sake doen.

Die Kaapse en die Weskus-sakekamer het Dinsdagoggend Chamber Air se nooiensvlug op dié roete bekend gestel.

Chamber Air is nie ’n lugdiens nie, maar fasiliteer die besprekings, waarna vliegtuie op aanvraag voorsien word, sê Chamber Air op sy webblad. Chamber Air behoort aan die Kaapse sakekamer.

James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede en batebestuur van die Kaapstad-metro, was Dinsdag self ’n gas op ’n klein Cessna 402-vliegtuig.

“Dit was 20 minute en toe is ons in Saldanhabaai,” sê hy.

Volgens Chamber Air se webblad maak hy gebruik van huurvlugte. Net vlugte wat die maatskappy in elk geval onderneem, sal gevul word.

“Om reis en besigheid te vergemaklik, is die regte resep om gebiede ordentlik te bemark,” sê Vos.

Volgens hom bring die vlug twee ekonomiese nodusse – Kaapstad se “groen tegnologie” en Saldanhabaai se sone vir swaar nywerheidsontwikkeling – nader aan mekaar.

Lede van die sakekamers kry ’n bietjie afslag. Retoervlugte sal dié sakemanne R2 999 uit die sak jaag en hulle mag 15 kg bagasie saamneem.

Jy kan selfs ’n hele vliegtuig bespreek. Dit hang egter weer eens af van die beskikbaarheid op die betrokke dag.

In ’n verklaring op 12 September sê Chamber Air hy sal begin om roetes landwyd by te voeg.

Meer oor:  Kaapstad  |  Ekonomie  |  Vlug  |  Sakelui
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.