Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
O, boom, Marelize!

Die volgende oomblik was die boom voor haar. Wegklap het nie gewerk nie, toe maak haar kop daarmee kennis.

En daar bevind Marelize Horn (19), boorling van Namibië en die ster van die “My f** Marelize”-video, haar in ’n plas modder.

Fris, vars en nog regop. Marelize Horn spring weg by die Off the Beat ’n Track-bergfietsren, wat die naweek in Irene gehou is.

Marelize het Saterdag aan Jacaranda FM se Off the Beat ’n Track-bergfietsbyeenkoms by The Big Red Barn in Irene deelgeneem.

“Jacaranda FM het my ’n rukkie terug gevra of ek wil kom deelneem en ek het ingestem om die 5 km-ren te ry.

Marelize Horn
’n Boom en vyf kilometer later en sy spog met ’n medalje om te bewys sy het die ren voltooi.

“Die 5 km was rof, hoor! Binne die eerste kilometer was ons in ’n paadjie met baie bome en die paadjie was beslis baie nouer as my heupe,” sê Marelize.

“Ek het nog die een oomblik gery en die volgende was ’n boom reg voor my in die pad.

“Ek het die boom met my hand probeer wegklap, maar toe tref ek die boom met my kop en toe ek weer sien, lê ek in ’n plas modder,” sê Marelize.

Sy was ná die ren ’n lang ruk in die mediese tent.

“Moenie dit te hard sê nie, maar ek dink ek het twee kinders ook raakgery. Hulle het darem vir my orraait gelyk,” skerts sy.

Sy is steeds verbaas oor haar skielike roem.

“Wie sou kon dink dat een stupid video ’n mens se hele lewe so handomkeer kan verander?” sê sy.

Sy het ’n geborgde fiets met ’n spesiale valhelm vir die Off the Beat ’n Track-byeenkoms gekry en was doodbang die fiets kom iets oor tydens die ren.

“My plan is om fiks te word en nog meer fiets te ry. Ek wil eendag 25 km kan ry!” sê sy.

Meer oor:  Marelize Horn  |  Pretoria  |  Fietsry  |  Byeenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.