Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OB en MRK takel probleme in Alexandra saam

Die openbare beskermer (OB) en die Menseregtekommissie (MRK) gaan saamwerk in ’n poging om agter die kap van die byl te kom oor klagtes oor dienslewering in Alexandra, noord van Johannesburg, wat onlangs tot gewelddadige betogings gelei het.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer. Foto: Argief

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, en adv. Bongani Majola van die MRK het die kwessie Dinsdag bespreek. Hulle het besluit om ’n gesamentlike ondersoek te doen ten einde blywende oplossings vir inwoners se griewe te vind.

In ’n gesamentlike verklaring sê die OB se kantoor sy sal fokus op die wanadministrasie-aspekte soos die gehalte van openbare dienste in die township.

Die MRK sal fokus op menseregtekwessies soos toegang tot behuising, water en sanitasie, onderwys, gesondheid en die omgewing.

Die ondersoek sal oor die verskillende sfere van die regering strek, en kyk na die optrede en versuim van die nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede.

“Dit is vir ons duidelik dat gemeenskappe begin betoog wanneer hulle meen hul pleidooie val op dowe ore,” het Mkhwebane gesê.

Sy sê dit is belangrik dat mense bewus word van die bestaan van Hoofstuk 9-instellings, soos die MRK en die OB, sodat mense hul regte kan uitoefen en voldoende openbare dienste kan eis.

“My kantoor het vinnig gespring om ons eie ondersoek te doen. Saam met die MRK sal ons met al die rolspelers vergader met die oog daarop om die probleme in Alexandra vinnig te pak en op te los,” het Mkhwebane gesê.

Majola het gesê die MRK meen alle sfere van die regering moet aanspreeklik gehou word en dat inwoners van Alexandra se regte beskerm moet word.

Die gesamentlike poging spruit uit ’n memorandum van verstandhouding wat verlede jaar deur Majola en Mkhwebane onderteken is.

Dit is nie die eerste keer dat die twee instellings saamwerk nie. Die OB en die MRK het vroeër vergader om oplossings te vind vir inwoners van die berugte Glebelands-koshuis in Umlazi in Durban, KwaZulu-Natal, en ook saamgewerk om diensleweringsuitdagings in die Masiphumelele- informele nedersetting in Kaapstad te pak.

Meer oor:  Mrk  |  Ob  |  Adv. Busisiwe Mkhwebane  |  Adv. Bongani Majola  |  Alexandra  |  Dienslewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.