Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oe, eina vir dié Porsche!
Die Porsche van digby die R1,8 miljoen het op sy neus te lande gekom. Foto: Twitter/@Porsche911UK

’n Peperduur Porsche 911 Targa 4S het in Colchester in Engeland op sy neus te lande gekom toe die bestuurder van die sportmotor op ’n parkeerterrein deur ’n baksteenmuur gejaag het.

Ten spyte daarvan dat die motor byna vertikaal op ’n voetgangerpad beland het, is die 73-jarige bestuurder ongedeerd, berig The Telegraph. Geen voetgangers is ook beseer nie.

Volgens die BBC  ondersoek die polisie die ongeluk en die bestuurder sal die geleentheid gegee word om gevorderde bestuurslesse te volg.

Hy sal volgens The Sunday Times ook van roekelose bestuur aangekla word.

Die swart sportmotor, wat met ’n hyskraan van die voetpad verwyder is, het taamlike skade opgedoen.

Volgens die webtuiste Cars.co.za kos die Targa 4S sowat R1 844 000.

Die motor is later met ’n hyskraan van die voetgangerpad verwyder. Foto: Twitter/@Porsche911UK
Die bestuurder van dié Porsche is nie beseer nie...Foto: Twitter/@Porsche911UK
Die pikswart sportmotor is taamlik beskadig. Foto: Twitter/@Porsche911UK





Meer oor:  Engeland  |  Porsche
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.