Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Olimpiese swemheld beseer in ‘padwoede-voorval’

Die gevierde Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese medaljewenner Terence Parkin is na bewering in ’n padwoedevoorval aangerand.

Parkin, wat doof is, het ’n silwermedalje ingepalm by die Olimpiese Somerspele in 2000 in die 200 m-borsslag en hou ’n rekord vir die meeste medaljes wat op die Dowe-Olimpiese Spele gewen is.

Die Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese medaljewenner Terence Parkin. Foto: Gallo Images

In video’s op Facebook, wat vermoedelik deur Parkin se voertuig se paneelbord-kamera geneem is, kan ’n man in ’n silwer BMW 7-reeks gesien word wat van links na regs swaai in ’n poging om Parkin se motor in aankomende verkeer in te druk.

In ’n ander video wat Parkin op ’n mobiele toestel opgeneem het, staan ??die motors stil en konfronteer die man Parkin, wat gebaretaal gebruik.

“Jy moet ’n dokter gaan sien,’ sê die man. “Is jy doof?”

Dit lyk asof die man Parkin aangerand het, maar die beeldmateriaal is nie duidelik nie, aangesien Parkin tydens die beweerde aanval beheer oor sy opname-apparaat verloor.

In daaropvolgende video’s wat by ’n vulstasie geneem is, is Parkin sigbaar beseer en sy neus bloei. Hy maak weer handgebare in die rigting van die man wat in sy voertuig sit. Voordat hy wegry, sê die man vir Parkin: “Nou moet jy ’n dokter gaan kry, want ek dink jy makeer iets (mental). Jy is nie reg in jou kop nie.”

Dit is onbekend waar en wanneer die voorval plaasgevind het.

Die video’s, wat meer as 250 000 keer gekyk is, is intussen van sosiale media verwyder.

News24 het probeer om kommentaar van Parkin se vrou, Ingrid, te kry. Sy wou nie kommentaar lewer nie, aangesien ’n ondersoek volgens haar aan die gang is.

Die prinses Charlene van Monaco-stigting, waarvan Parkin ’n ambassadeur is, het aan News24 gesê hy is nie bewus van die voorval nie.

In 2001 het Parkin ’n sewejarige seun van verdrinking gered nadat dié deur ’n swembad-ontlugpyp by ’n Johannesburgse gimnasium ingesuig is, het Sport24, berig.

Meer oor:  Terence Parkin  |  Padwoede-Voorval  |  Sosiale Media  |  Videos  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.