Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Omroeper afgedank ná hy Zuma zombie noem
Ravi GovenderFoto: lotusfm.co.za

Die SAUK het die kontrak van ’n radio-omroeper summier beëindig wat pres. Jacob Zuma ’n “zombie” genoem het.

Kaizer Kganyago, ’n woordvoerder van die SAUK, het Maandag bevestig Ravi Govender van Lotus FM se kontrak is beëindig, want hy het die openbare uitsaaier ’n slegte naam gegee.

Luidens Lotus FM se webwerf het Govender die program Vinyl Countdown Vrydagaande van 19:00 tot 21:00 aangebied.

Alvin Pillay, stasiebestuurder, en Govender wou nie kommentaar lewer nie.

Govender het Zuma op sy Facebookblad ’n “zombie” genoem ná die opening van die ANC se vyfde beleidskonferensie wat tans by Nasrec in Johannesburg aan die gang is.

“So pas ’n zombie Zuma op die nuus gehoor ’n toespraak lewer. (Dit was ’n) Slagting van die mooi Engelse taal . . . Onopgevoede wese. Selfs die ander sot Mugabe praat baie beter.”

Govender het gesê hy het hierdie opmerkings in woede gemaak.

“Ek moes van beter geweet het. Hy het vir my dood geklink (toe hy sy toespraak gelewer het), geen gevoelens, geen punktuasie nie,” het Govender gesê.

“Ek is nie rassisties nie, dit (Engels) is nie sy eerste taal nie, so praat in Zoeloe en kry ’n tolk. Ek het zombie gesê, want hy het soos ’n zombie vir my geklink. Ek het om verskoning gevra en daar is niks wat ek kan doen nie. Ek is verkeerd. Ek moes dit nie gesê het nie.” – News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.