Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Onbegonne taak’ om onnie se porno-video’s af te haal

Dit sal byna ’n onbegonne taak wees om al die video’s van die Kaapse onderwyseres Fiona Viotti van pornografiese webtuistes te verwyder, het haar prokureur Donderdag gesê.

William Booth, wat haar verteenwoordig, sê hy het geen benul hoe video’s waarin sy kliënt na bewering verskyn, op pornografiese webtuistes oor die wêreld heen beland het nie.

Fiona ViottiFoto: Argief

Viotti (30) word tans deur Bishops Diocesan College in Rondebosch, waar sy waterpolo afgerig en bedank het sedert die bom gebars het, ondersoek weens seksuele wangedrag. Dit kom ná bewerings dat sy verhoudings met meer as een seun in die skool gehad het. Dié beweerde wangedrag het glo oor jare plaasgevind.

Eksplisiete video’s, asook kaalborsfoto’s van haar, doen na bewering die afgelope weke die ronde op sosiale-media-netwerke soos WhatsApp.

Dit is glo ook op verskeie bekende pornografiese webtuistes gelaai, waar sommige meer as 20 000 keer gekyk is.

Booth sê kort nadat hulle gehoor het dat video’s van Viotti op pornografiese webtuistes is, het hulle dit laat afhaal.

“Ons weet nie wie dit oplaai nie, en dit sal ’n byna onbegonne taak wees om uit te vind wie dit daarop plaas. Dit sal ook baie duur wees om die spoor van dié mense te vat, want ons sal forensiese ontleders moet gebruik.”

Hy sê al wat hulle kan doen, is om die webtuistes weer en weer te kontak en te versoek dat sy kliënt se video’s verwyder word.

Volgens Booth is Viotti nog onder mediese sorg nadat sy die naweek in ’n hospitaal opgeneem is.

Booth sê by navraag hy weet nie of meer as een leerling van die seunskool beweer dat hulle betrokke was nie.

“Dit is ’n vraag wat julle aan die skool moet stel. Al wat ek kan sê, is dat ons ons samewerking in die ondersoek gee.”

Guy Pearson, skoolhoof, het nie Donderdag op navrae gereageer nie. Die skool ondersoek die beweerde wangedrag en het Dinsdag gesê die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) het sy ondersoek uitgestel totdat die skool sy ondersoek afgehandel het.

Saro het vroeër vandeesweek gesê indien Viotti in sy ondersoek skuldig bevind word aan seksuele wangedrag, kan sy van die land se onderwysersrol geskrap word. Sy sal dan nooit weer kan skoolhou nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.