Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek begin oor dokumente wat weggegooi is

Daar is met ’n dringende ondersoek begin nadat duisende vertroulike dokumente met inligting van aansoekers vir maatskaplike toelae daarop, in ’n stuk veld in Thaba Nchu naby Bloemfontein gevind is, sê Butana Komphela, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat.

Butana Komphela

Van die dokumente, wat beëdigde verklarings deur vroue insluit wat tydelike huisvesting soek weens mishandeling deur hul lewensmaat, is deur Patricia Kopane, die DA se kandidaat vir premier van die Vrystaat, en Geordin Hill-Lewis, DA-LP, gevind toe hulle ’n mislukte herwinningsaanleg in Thaba Nchu besoek het.

Kompela sê in ’n verklaring dat hy met skok van die ontdekking in die media te hore gekom het.

Volgens hom “is dit nie die departement se beleid om klante se dokumente by stortingsterreine te gooi nie” en dat dié dokumente aktiewe sake is wat gewoonlik in die besit van maatskaplike werkers is.

“Die departement beskik oor ’n register- en argief-beleid en indien die sake gesluit is, sou die relevante proses gevolg word,” sê Kompela.

Hy sê ’n volledige verslag sal ná die ondersoek uitgereik word.

Meer oor:  Butana Komphela  |  Thaba Nchu  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.