Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek geëis na ‘wit mafia’ in SA rugby
Allister CoetzeeFoto: Felix Dlangamandla

Die Wes-Kaapse politieke party Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa) vra vir ’n openbare ondersoek na rugby op alle vlakke deur ’n onafhanklike regskommissie.

Dit volg nadat die party sy skok uitgespreek het oor die behandeling wat Allister Coetzee, voormalige Springbok-afrigter, van die Suid-Afrikaans Rugbyunie (Saru) ontvang het.

Icosa eis ook dat Saru Rassie Erasmus se aanstelling as direkteur van rugby terugtrek.

Saru het Vrydag aangekondig dat Coetzee se pad van twee jaar as afrigter van die Springbokke met onmiddellike ingang tot ’n einde kom.

Icosa voer in ’n verklaring aan dat Coetzee nie dieselfde behandel is as vorige wit afrigters, wat onder meer hul eie bestuurspanne kon saamstel nie, en dat rugby in die land deur ’n “wit mafia” beheer word.

Icosa vra ook op wie se aanbeveling Erasmus aangestel is en of Coetzee dieselfde ondersteuning as sy wit voorgangers geniet het.

Icosa vra ook op wie se aanbeveling Erasmus aangestel is en of Coetzee dieselfde ondersteuning as sy wit voorgangers geniet het.

“Hoe is dit moontlik dat Saru die Springbokke in ekonomiese klas laat vlieg om koste te bespaar, maar drie maande later kondig (Rassie) Erasmus aan dat hy elke Dinsdag en Woensdag op die pad is en selfs saam met die franchises oorsee gaan toer om verhoudinge te verbeter. Waar kom die geld dan nou skielik vandaan?” lui die verklaring voorts.

Icosa bevraagteken ook wit spelers se toewyding onder swart afrigters.

Icosa waarsku dat hy rugby “onregeerbaar en onkykbaar” sal maak en dat hy SA Rugby gaan begin marginaliseer indien daar nie gehoor gegee word aan die volgende eise nie:

* dat alle swart uniepresidente wat teen Coetzee gedraai het, onmiddellik bedank;

* dat SA Rugby sy strategiese transformasieplan wat neerkom op “window dressing” onmiddellik skrap;
* dat die pryse van kaartjies vir wedstryde meer bekostigbaar gemaak word;
* dat die SAUK toegelaat word om rugby uit te saai en dit só na die arm meerderheid geneem word, en;
* dat swart skole per provinsie geïdentifiseer en toegerus word met die nodige hulpbronne ten einde met die beste meer bevoorregte en voormalige Model C-skole op die rugbyveld te kan meeding.

Icosa eis dat swart afrigters as hoofafrigters aangestel word; dat die Springbokke deur ’n swart kaptein gelei word en dat Jurie Roux onmiddellik bedank as uitvoerende hoof van Saru.

“Gee rugby terug aan die massas, of daar sal geen rugby wees nie,” waarsku Icosa voorts.

Meer oor:  Saru  |  Allister Coetzee  |  Jurie Roux  |  Rassie Erasmus  |  Ondersoek  |  Bedank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.