Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek hoor omstandighede van Britse model se dood

’n Geregtelike doodsondersoek het onthul hoe ’n Britse model verlede Desember op die strand by Umhlanga Rocks naby Durban deur ’n brander van die rotse afgeslaan is terwyl sy na die sonsopkoms gekyk het.

Sinead Moodliar (19), ’n filosofie-student aan die Anglia Ruskin-Universiteit in Cambridge, wat ook voor haar dood ’n modelkontrak losgeslaan het, het in Suid-Afrika vakansie gehou toe sy op 26 Desember die sonsopkoms van die rotse af wou dophou.

Sinead Moodliar, ’n Britse model, is in Suid-Afrika dood. Foto: Facebook/ Sinead Moodliar

Die geregterlike doodsondersoek wat in Huntingdon, Cambridgeshire, in England naby Moodliar se tuisdorp gehou is, het Maandag bevind dit was ’n voorval wat nie voorsien kon word nie.

David Heming, Cambridgeshire se senior lykskouer, het bevind haar dood was ’n “tragiese, katastrofiese ongeluk”, berig die BBC.

Volgens ooggetuies het hulle omstreeks 05:15 ’n geskree gehoor. Menseredders het haar uit die water uitgesleep en sy is deur paramedici op die toneel behandel, maar is ’n dag later in die hospitaal dood.

Metro UK berig haar pa, Bob Moodliar, wat teenwoordig was by die geregtelike doodsondersoek, het gesê hy het op Kersdag met sy dogter gepraat waar sy in ’n restaurant was en dat sy praterig was en gelukkig geklink het.

Toe hy hoor van die ongeluk het hy dadelik op ’n vliegtuig geklim, maar sy dogter is dood voordat hy in Suid-Afrika aangekom het.

The Guardian berig Bob het gesê ooggetuies het gesien hoe sy dogter ongeveer 35 m see-in meegesleur is voordat ’n ander brander haar verder ingetrek het.

Die menseredders moes eers om 06:00 met hul skof begin, maar hulle het daardie dag vroeg opgedaag omdat hulle baie mense op die strand verwag het op Welwillendheidsdag.

’n Lykskouing wat in Durban gedoen is, het getoon Moodliar is dood weens komplikasies ná die amperse verdrinking. Daar is melding gemaak van ’n kopbesering konsekwent met ’n stamp teen ’n rots en longskade.

Moodliar het na die sonsopkoms gaan kyk toe die ongeluk gebeur het. Foto: Facebook/ Sinead Moodliar
Meer oor:  Sinead Moodliar  |  Umhlanga Rocks  |  Durban  |  Britse Model  |  Wêreld  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.