Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek kom ná vermiste Kovsie se dood

’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om te bepaal waaraan ’n student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) dood is toe sy in ’n ambulans op pad na ’n hospitaal gesterf het.

Mahlape TladiFoto: Facebook/UV

Mahlape Gloria Tladi, ’n onderwysstudent in haar eerste jaar, is Vrydag dood nadat sy by ’n vriend se huis in Bethlehem in die Oos-Vrystaat gekry is.

Tladi het meer as ’n week gelede vermis geraak nadat sy die kampus in Bloemfontein saam met ’n man en met haar bagasie verlaat het.

Sy is Vrydag in ’n ambulans op pad na ’n hospitaal dood.

Die omstandighede rakende haar dood is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

Volgens konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, het Tladi geen sigbare beserings aan haar lyf gehad nie.

Die UV het Sondag op sy Facebook-blad Tladi se dood bekend gemaak en gesê hy is geskok en hartseer. Die UV se bestuur het hul medelye aan Tladi se familie en vriende oorgedra.

Netwerk24 het vroeër berig die universiteit se beskermingsdienste het saam met die polisie na Tladi gesoek nadat sy op 15 Maart laas op kampus gesien is en twee dae later die laaste keer met haar familie kontak gemaak het.

Kringtelevisiemateriaal wys hoe Tladi die kampus saam met ’n man verlaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.