Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek kom na weermaglede wat dampie maak
Die groepie rokers wat Woensdag by die begrafnis van Andrew Mlangeni op kamera vasgevang is. Foto: Twitter

’n Interne dissiplinêre proses is aan die gang teen die weermaglede wat Woensdag op die begrafnis van die ANC-struggleheld Andrew Mlangeni gerook het.

Volgens Bheki Cele, minister van polisie, word die getal mense by die begrafnis van Mlangeni ook ondersoek en sodra dit afgehandel is, sal die saak na die nasionale vervolgingsgesag vir ’n beslissing verwys word. Ingevolge die inperkingsregulasies word slegs 50 mense by ’n begrafnis toegelaat.

Drie weermaglede is Woensdag op kamera vasgevang waar hulle naby aan mekaar staan, sigarette aansteek en dit rook.

Cele het Vrydag op ’n nuuskonferensie verduidelik dat rook nie ’n misdaad is nie, maar wel die verkoop van sigarette.

“Hierdie ding van rook en kwitansies steek telkens kop uit.

Ons het al baie mense in hegtenis geneem. As ek dit nie mis het nie, het ons al op sigarette ter waarde van sowat R1,8 miljoen beslag gelê,” sê hy.

Cele het genoem dat wanneer iemand in die openbaar rook die polisie graag sal wil weet waar hulle die sigarette kry.

Bron: News24: https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/smoking-soldiers-will-face-sandf-disciplinary-reveals-bheki-cele-20200731

Meer oor:  Andrew Mlangeni  |  Rook  |  Ondersoek  |  Begrafnis  |  Weermaglede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.