Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek ná 2 in vliegongeluk sterf
Die wrakstukke van die Cessna 172-vliegtuig wat naby Hartebeespoortdam neergestort het. Twee mans is in die ongeluk dood.Foto: Verskaf

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) stel ondersoek in na ’n vliegtuigongeluk naby Hartbeespoortdam. Die lyke van twee mans is Saterdag gevind in die wrakstukke van ’n Cessna 172-vliegtuig nadat dit Vrydag reeds vermis geraak het.

“Die afdeling vir ongelukke en voorvalle het begin om inligting in te win oor die omstandighede en oorsake wat tot die ongeluk gelei het,” sê Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO.

“Die vliegtuig het van die Grand Central-lughawe in Midrand vertrek vir ’n oefenvlug. Ongelukkig het dit neergestort,” sê hy.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê hulle het lede van die soek-en-reddingspan en die polisie bygestaan toe hulle Saterdag omstreeks 12:30 op die toneel aankom.

Albei mans was dood.

Letwaba wou nie die name van die oorledenes bekend maak nie, en het gesê net die polisie mag dit doen.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, kon Saterdagaand nie telefonies bereik word om die oorledenes se name te bevestig nie.

Meer oor:  Vliegtuigongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.