Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek ná 4 motors aan brand gesteek is

’n Spesialis-ondersoekspan is deur die polisie aangestel om voorvalle van opsetlike saakbeskadiging te ondersoek nadat vier motors Donderdag in Thembalethu in George aan die brand gesteek is.

’n Motor van die verkeersafdeling in George wat Donderdag in Thembalethu aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

Die motors – twee aan die verkeersdepartement in George en twee private eiendom – is in die vroeë oggendure aan die brand gesteek.

Een van die private voertuie behoort aan ’n verkeersbeampte. Niemand is beseer nie.

’n Voorlopige ondersoek toon dat die voertuie aan die brand gesteek is nadat verkeersbeamptes aan ’n spesiale optrede teen onpadwaardige taxi’s deelgeneem het.

Ekstra polisiebeamptes is in die gebied ontplooi, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Jakobus Maton, by 073 046 8482 bel of die Stop Misdaadnommer by 086 100 1011.

* Die Go George-busdiens het Donderdag bekend gemaak dat sy busse weens veiligheidsredes slegs tot 19:30 sal ry.

Meer oor:  George  |  Thembalethu  |  Brandstigting  |  Ondersoek  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.