Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek na Heroldsbaai-ma, kinders se dood duur voort

Die polisie se geregtelike ondersoek na die dood van Heidi Scheepers (36) en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), van Heroldsbaai is nog nie afgehandel nie.

Ettienne en Heidi Scheepers en hul kinders, Hugo en Cuzette. Foto: Facebook/Heidi Scheepers

“Die ondersoek duur voort,” sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, by navraag. Volgens hom gaan die polisie nie verdere besonderhede oor die ondersoek bekend maak nie.

Op die vraag of die polisie kan sê of dit selfdood was, sê Pojie die polisie volstaan met sy vorige antwoord dat geen misdaad vermoed word nie.

Die polisie het onlangs ook die amptelike uitslag van die volledige lykskouingsverslag ontvang, maar gaan ook nie verdere besonderhede daaroor bekend maak nie, uit respek vir die familie.

Heidi en die kinders het op 22 Oktober in hul Volkswagen Caravelle oor ’n afgrond by Voëlklip, ’n uitkykpunt by Heroldsbaai, gestort.

Heidi-hulle was vroeër die dag saam met haar man, Ettienne, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand in Heroldsbaai, maar het toe verdwyn. Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind.

Hugo se lyk is op 24 Oktober opgespoor en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag het getoon hulle het verdrink. Cuzette se lyk is nog nie gevind nie.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was.

* Scheepers het nie gereageer op navrae om kommentaar oor ’n berig Sondag in Rapport dat hy na bewering ’n nuwe vriendin het nie.


Meer oor:  Hugo  |  Heidi Scheepers  |  Ettienne Scheepers  |  Heroldsbaai  |  Voëlklip  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.