Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek na ma, kinders se dood nog nie klaar

Die polisie kan nie sê presies wanneer sy ondersoek na die dood van Heidi Scheepers (36) en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6) van Heroldsbaai afgehandel sal wees nie.

“Ek kan bevestig dat die polisie nog besig is met die geregtelike ondersoek,” sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, by navraag.

“Ons kan egter nie sê hoe lank die ondersoek nog gaan duur of wanneer dit afgehandel sal wees nie.”

Volgens hom kan geen besonderhede oor die geregtelike ondersoek bekend gemaak word nie omdat dit nog aan die gang is.

Die polisie het vandeesweek bekend gemaak dat hy die amptelike bevindings van die volledige lykskouingsverslag ontvang het, maar dat dit nie openbaar gemaak gaan word nie uit respek vir die familie. Geen misdaad word vermoed nie.

Ettienne en Heidi Scheepers saam met Hugo (2) en Cuzette (6). Foto: Facebook/Heidi Scheepers

Pojie het vroeër gesê die polisie volstaan by die voorlopige bevindings van die verslag wat vroeër reeds bekend gemaak is, dat Heidi en Hugo verdrink het.

Heidi en haar kinders, Hugo en Cuzette, het op 22 Oktober in hul Volkswagen Caravelle oor ’n afgrond by die Voëlklip-gebied buite Heroldsbaai gestort.

Hulle het verdwyn nadat hulle vroeër die dag saam met haar man, Ettienne, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand in Heroldsbaai was.

Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind.

Hugo se lyk is op 24 Oktober gevind en Scheepers s’n twee dae later. Cuzette se lyk is nog nie gevind nie.

* Op 3 Desember omstreeks 21:30 het Zonita Basson, ’n makelaar van George, in haar Chevrolet Spark oor die afgrond by die Voëlklip-uitkykpunt by dié vakansiedorp gery, sowat 1 km van waar Scheepers-hulle oor die afgrond is.

’n Lid van die publiek het die polisie gebel toe hy die motor, nog met die ligte aan, oor die afgrond sien stort.

Basson se lyk is op 4 Desember in ’n rotsskeur opgemerk en met ’n helikopter verwyder. Haar motor gaan nie herwin word nie.

Die polisie doen ’n geregtelike ondersoek en vermoed geen misdaad nie. ’n Diens is Dinsdag in die NG kerksaal in Heroldsbaai vir haar gehou.

Meer oor:  Heidi Scheepers  |  Heroldsbaai  |  Voëlklip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.