Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek na Nico Nel nog nie afgehandel

Die ondersoek na die bekende storieverteller van die TV-program Maak ’n Las, Nico Nel, is steeds nie afgehandel nie en duur voort.

Lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag bevestig die saak word steeds ondersoek en niemand is al in hegtenis geneem nie.

Nico Nel ten tyde van ’n onderhoud met Rapport. Foto: Conrad Borman

Dié klag spruit uit ’n ondersoek deur Old Mutual, waar Nel as finansiële adviseur gewerk het en waar bevind is geld is wanbestuur.

Nel het van 2012 tot in Oktober 2015 as ’n gesertifiseerde finansiële beplanner van dié maatskappy gewerk.

Jaco van der Merwe, uitvoerende hoof van Old Mutual Personal Financial Advice, het gesê Nel het geld wat hy destyds van ’n familielid gekry het wanaangewend.

’n Vertroulike vergoedingsooreenkoms is met die familielid gesluit en Nel is by die toepaslike owerhede (die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Raad op Finansiële Dienste) aangemeld.

Van der Merwe het Woensdag bevestig die saak en die ooreenkoms met die betrokke familielid, Klaradyn Augustyn, is nou afgehandel.

Willie Augustyn, Klaradyn se seun, het Woensdag gesê die saak is afgehandel en dat die familie reeds aanbeweeg het. Klaradyn, Nel se suster, het sowat R1,4 miljoen vir hom gegee om te belê.

“Dit was ’n moeilike jaar, maar daar is ’n streep agter alles getrek en alles is nou afgehandel.”

’n Jarelange goeie vriend van Nel, wat verkies om anoniem te bly, het R650 000 aan hom geleen – die grootste deel van die vriend se pensioenuitbetaling. Dié vriend het ook Woensdag bevestig “al wat ek kan vertel, is dat daar ’n reëling is”.

Nel wou nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Old Mutual  |  Nico Nel  |  Bedrog  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.