Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek ná ongeluk verkeersman eis
Willis Smith (jr.)
Willis Smith (jr.) Foto: Facebook

Die polisie ondersoek die oorsaak van ’n ongeluk Vrydag buite Worcester waarin drie mense, onder andere ’n 27-jarige verkeersbeampte, dood is.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig ’n klag van strafbare manslag word ondersoek en dat ’n vierde slagoffer van die ongeluk tans in die hospitaal is.

Die ongeluk op die Nekkiespad buite Worcester is om 14:45 aangemeld.

Willis Smith (jr.), ’n vrou en ’n tienermeisie is in die botsing tussen ’n voertuig van die verkeersdienste en nog ’n motor dood.

Traut sê die presiese oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word.

Die provinsiale verkeersdienste het Vrydagaand bevestig dat Smith, ’n provinsiale inspekteur, dood is terwyl hy sy pligte uitgevoer het en op pad was na ’n ongeluk in Villiersdorp se rigting.

Hy het sedert 2016 vir die verkeersdienste gewerk en het ná die botsing reg van voor op pad na die hospitaal aan sy bewerings beswyk.

Die Breedevallei-munisipaliteit het Saterdag ook sy medelye uitgespreek met die families van die drie afgestorwenes.

Stephy Rheenis Foto: Facebook

Volgens die Worcester Standard het Edwina Rheenis (43) haar dogter, Stephy Rheenis (17), by die skool gaan oplaai voor die ongeluk.

Stephy was ’n gr. 11-leerling aan Esselenpark Senior Sekondêr. Die skool het op sy Facebookblad gesê hy het met groot leedwese van haar dood verneem.

Smith was die seun van kol. Willis Smith van die Worcester-polisie.

Edwina Rheenis Foto: Facebook

 

Meer oor:  Worcester  |  Ongeluk  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.