Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek na R500 000 se huurgeld vir rietdansmat

Die burgemeester van eThekwini-munisipaliteit (Durban) ondersoek die huur van 'n tapyt ter elfder ure vir die koninklike rietdans vir R500 000.

Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini. Foto: Jabulani Langa

Die tapyt is die naweek by Nongoma in KwaZulu-Natal afgelaai vir die uMkhosi woMhlanga (rietdans), waartydens jong meisies vir die Zoeloekoning dans.

Die tapyt is gehuur nadat die jong meisies gekla het oor die swak kwaliteit van die matte in die tente waarop hulle kon rus. Hulle is goeie kwaliteitmatte belowe. 

Die burgemeester, Zandile Gumede, het gesê die munisipaliteit sal die saak ondersoek. Dit was nie bekend hoe groot die tapyt was of waarvan dit gemaak is nie. Baie van die meisies het op komberse geslaap en die koninklike huishouding het matrasse aan sommige gebied.

Zwakele Mncwango, leier van die DA en opposisie in die munisipaliteit, het gesê hulle vra hoe dit moontlik is dat 'n tapyt wat vir twee dae gehuur word, R500 000 kan kos.

"Jy hoef nie 'n wetenskaplike te wees om te sien hier is gesteel nie. Ons ondersteun die rietdans, maar met soveel geld kon jy 'n gebou opgerig het.

"Die saak is 'n belediging vir die koning en die meisies. Dit bring die koning se naam in oneer. Die koning moet beskerm word," het Mncwango gesê.

Volgens Mthunzi Gumede, woordvoerder vir Gumede, sal die verslag Dinsdag op die burgemeester se lessenaar wees. "Sou daar iets verkeerd gegaan het, sal stappe gedoen word, hetsy teen die maatskappy of teen ons eie mense."

Meer oor:  Zandile Gumede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.