Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek na Voëlklip-tragedie in ‘gevorderde stadium’

Die polisie se ondersoek na die Voëlklip-tragedie waarin ’n ma en haar twee kinders van Heroldsbaai in hul voertuig oor ’n afgrond in die see gestort het, is in ’n gevorderde stadium.

Heidi Scheepers en haar twee kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), het op 22 Oktober 2019 in hul Volkswagen Caravelle oor ’n afgrond op die Voëlklip-grondpad buite Heroldsbaai gestort.

Volgens die Facebook-groep In Memory of Heidi Scheepers and Children sou Cuzette die afgelope Maandag haar sewende verjaardag gevier het, Hugo op 3 Junie sy derde verjaardag en hul ma op 4 Mei haar 36ste verjaardag.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê by navraag die ondersoek is in ’n gevorderde stadium. “Dit sal voorgelê word aan die kantoor van die direktoraat van openbare vervolging so gou as wat dit voltooi is vir ’n besluit oor vervolging aldan nie.”

Ettienne en Heidi Scheepers met Hugo en Cuzette. Foto: Verskaf

Heidi en die kinders was vroeër die dag saam met haar man, Ettienne, op die strand in Heroldsbaai. Sy en die kinders het toe verdwyn.

Dit is nie bekend waarom hulle op die grondpad was nie.

Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind. Hugo se lyk is op 24 Oktober gevind en Heidi s’n twee dae later. Cuzette se lyk is nooit gekry nie.

Volgens ’n voorlopige lykskouingsverslag het Hugo en Heidi verdrink. Die polisie het later ook die amptelike uitslag van die volledige lykskouingsverslag ontvang, maar nie besonderhede daaroor bekend gemaak nie uit respek vir die familie.

Nog wrakstukke van die voertuig is in Maart vanjaar deur die polisie herwin nadat iemand foto’s in die gebied met ’n hommeltuig geneem en die polisie verwittig het. Die wrakstukke, soos die skuifdeur, is herwin op die plek waar Scheepers se voertuig in die see gestort het.

Op die Facebook-groep het talle mense Maandag Cuzette se verjaardag onthou.

“Geluk met jou eerste verjaardag in die hemel, spesiale sonskyn, jy word meer as enigiets gemis,” het een van die inskrywings gelui.


Meer oor:  Voëlklip-Tragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.