Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek na vrou (21) se branddood nog nie klaar
Lorraine Olifant is Sondagoggend in ’n brand dood.Foto: Verskaf

Die polisieondersoek na die dood Sondagoggend van ’n jong vrou van Touwsrivier in ’n brand, is nog nie afgehandel nie.

Kapt. Zamoxolo Ntshwaxa, stasiebevelvoerder in Touwsrivier, het Dinsdag bevestig dat Lorraine Olifant (21) Sondag in die vroeë oggendure in ’n brand dood is nadat die opslaanhuis van sinkplate waarin sy en haar ouers gewoon het aan die brand geslaan het.

Ntshwaxa sê die Touwsrivier-polisie is bewus van gerugte dat die brand gestig is. “Ons kan dit egter nie bevestig nie. Wat ek wel kan sê, is dat ons die oorsaak van die brand ondersoek en alle inligting opvolg.”

Die brand het volgens die polisie om 04:50 in die woonbuurt Uitsig (Hopland) uitgebreek.

Olifant het glo ’n paar uur voor die brand van ’n kuierplek af teruggekom en eers vir haar ouers iets gemaak om te eet voordat sy gaan slaap het.

Volgens Theo Botha, brandweerhoof van die Breedevallei-munisipaliteit, is hul ondersoek nog nie afgehandel nie en gaan hy nie oor die oorsaak van die brand spekuleer nie. “Ek sal reageer wanneer die tyd reg is,” het hy gesê.

Slegs uitgebrande sinkplate is oor van die opslaanhuis waarin ’n jong vrou van Touwsrivier Sondagoggend in ’n brand dood is. Foto: Standard

Meer oor:  Touwsrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.