Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersoek oor man wat van gebou in Sandton val

Dit is nog onduidelik of die werknemer van Sun International wat Donderdag dood is van ’n balkon afgespring of geval het.

Dan Sevel (41), sportbemarkingsbestuurder en direkteur van die Nedbank Gholf-uitdaagtoernooi, het omstreeks 12:00 van die vyfde verdieping van Sun International se hoofkantoor in Sandton geval.

Dan Sevel van Sun International (middel).Foto: Facebook

Netwerk24 het vroeër berig hy het van die dak afgespring. Intussen het Zoleka Skweyiya, ’n woordvoerder van Sun International, gesê die omstandighede rondom Sevel se dood word ondersoek en dit is onbekend of hy geval of afgespring het.

“Paramedici het hom op die toneel dood verklaar,” sê kapt. Granville Meyer, polisiewoordvoerder in Sandton.

Skweyiya sê hulle werk saam met alle owerhede wat die voorval ondersoek.

“Ons is almal hartseer oor hierdie tragiese verlies van ’n kollega en vriend en ons wil graag ons diepste meegevoel met sy familie betuig.”

Meyer sê die polisie doen ’n geregtelike ondersoek.

Meer oor:  Sun International  |  Dan Sevel  |  Sandton  |  Ondersoek  |  Werknemer  |  Doodgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.