Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ondersteuning gee ons selfvertroue, sê gestremde
Mapule Moloto

“Ek wil ’n verandering maak in hoe die gemeenskap mense met gestremdhede beskou en hanteer,” sê Mapule Moloto (33) oor haar motiverende inskrywings op Facebook.

“Ek moedig familielede aan om hul geliefdes met gestremdhede te ondersteun,” skryf sy op die Facebook-groep Vaal Notice Board.

“Ondersteuning maak dit makliker vir ’n mens om die wêreld aan te durf, want ons selfvertroue word by die huis gebou.”

Moloto, van Sebokeng naby Vereeniging, is serebraal gestremd en ly aan epilepsie, maar sy het haar uitdagings danksy haar familie se ondersteuning oorkom.

Op die Facebook-groep Disabled People South Africa skryf sy: “Moenie toelaat dat jou gestremdheid die enigste rede is dat werkgewers voel hulle moet jou aanstel nie. Druk jouself dat jou harde werk raakgesien word.”

Moloto is al sedert 2004 ’n spysenier en deesdae gee sy motiveringspraatjies in haar gemeenskap.

“Elke keer wat ek iets in die lewe wou doen, het my familie my ondersteun, gedryf en in my geglo.

“Hulle het vir my die moed gegee om op te staan.”

Sy sê haar ma, Ntaoleng (59), het die grootste rol in haar lewe gespeel.

Meer oor:  Beeld Metro-Suid  |  Ondersteuning  |  Gestremdes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.