Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Onderwysdosent (50) sterf skielik aan kanker

’n Voormalige dosent van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en koshuisvader van Armentum in Bloemfontein is die naweek aan kanker dood.

Dr. Willy Nel (50) was tot sy dood ’n onderwysdosent aan die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth. Hy was ook voorheen verbonde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

Dr. Willy Nel. Foto: Verskaf

Nel, ’n boorling van Keimoes in die Noord-Kaap, is twee weke ná sy diagnose aan lewerkanker oorlede.

Sy heengaan word veral deur voormalige inwoners van die Armentum-manskoshuis betreur omdat hy jare lank daar koshuisvader was.

Felicity Deelie, sy suster, sê hoewel hy met terminale kanker gediagnoseer is, kom sy dood as ’n skok.

“Ons het dit verwag, maar nie só gou nie.”

Sê sy hy is twee weke gelede met lewerkanker gediagnoseer wat na sy pankreas, murg en bloedstroom versprei het.

“Hy het verlede Donderdag nog met sy PhD-studente gewerk.”

Nel se nederigheid is die eienskap wat hulle die meeste sal bybly.

“Hy het nooit gepraat oor sy prestasies nie. In Keimoes was hy net Willy Nel, nie professor of doktor nie.”

Nel was ook ’n navorsingsgenoot van die Instituut vir Versoening en Geregtigheid en voorsitter van die Institusionele Forum aan die UV.

Lacea Loader, UV-woordvoerder, sê hy was ’n gewaardeerde kollega en sal altyd onthou word vir sy bydrae tot die akademie, sy rol in die universiteit se transformasie, en die ontwikkeling van leierskap by studente.

Nel het sy doktersgraad aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verwerf. Die fokus van sy verhandeling was die Khoi-San en hul oorsprong, en dit het ook gelei tot sy betrokkenheid by die Vrystaat Kunstefees (VK).

Ons gaan hom verskriklik mis en sy verlies het ’n groot gat in ons harte gelos.
Peach

Ricardo Peach, direkteur van die VK, beskryf Nel as die kunstefees se staatmaker en vriend.

“Sy bydrae was waardevol toe ons die Eerste Nasie- kulturele protokol op die been gebring en só erkenning aan die Khoi-San as die eerste mense van Suider-Afrika gegee het.

“Ons gaan hom verskriklik mis en sy verlies het ’n groot gat in ons harte gelos.”

Nel word oorleef deur sy vrou, Rose, en seun, Domain.

Die roudiens vind Saterdagoggend om 09:00 in die Alexander Steward-gemeente in Keimoes plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.