Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ongeluk by Bonnievale eis ‘engel van ’n mens’

Mense moet hom onthou vir sy wonderlike hart en sy glimlag. Hy was ’n engel van ’n mens.

So het Marilie Cillié, suster van S.J. Marais (22), oor haar jonger broer gesê nadat hy Maandag in ’n motorongeluk buite Bonnievale verongeluk het.

Die Marais-gesin. Van links is Suzaan Marais, Pieter Marais, Marilie Cillié, Elaine Marais, S.J. Marais en baba Elizabeth Cillié.Foto: Verskaf

Marais was in die rigting van Robertson onderweg toe ’n voertuig naby die Bon Courage-wynkelder voor hom indraai. Hy het die voertuig se agterkant getref. Die impak van die botsing het Marais se voertuig teen ’n vragmotor geslinger. Hy is vermoedelik op slag dood.

Boodskappe van medelye het ingestroom.

“My ma vat dit baie sleg en my pa nog erger. S.J. was sy beste pel.

“Hy het altyd gelag. Daar is niemand wat nie deur hom geraak is nie en hy het die mooiste hart gehad,” het Cillié gesê.

Ruzeanne Botha en S.J. Marais.Foto: Verskaf

Marais het die afgelope drie jaar by sy pa se onderneming, Marais Bakwerke, ’n staal-en-ingenieursonderneming, op Bonnievale gewerk.

Volgens sy suster het hy al op ’n jong ouderdom gesê hy wil nie skool toe gaan nie en net saam met sy pa werk.

Hy het in Julie aan Ruzeanne Botha verloof geraak en hulle sou in Mei 2020 trou.

Botha het ’n hartroerende boodskap op Facebook geskryf: “Jy’t altyd ’n antwoord gehad. Wat maak ek nou sonder jou? Hoe gaan my lewe aan? Ek wens jy kon my antwoord . . . .”

Cillié, wat in Ceres woon, het gesê sy het haar broer elke naweek gesien.

“Ons is ’n baie hegte familie en daarom is hierdie vir ons verskriklik moeilik.”

Marais se begrafnis is Saterdag om 11:00 vanuit die NG kerk Bonnievale.

Meer oor:  S.J. Marais  |  Bonnievale  |  Motorongeluk  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.