Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ongeluk by Paarl eis 2 leraars se lewe

Die gemeentes van die African Methodist Episcopal Kerk (AME) in die Wes-Kaap is in rou gedompel nadat ’n motorongeluk Maandag by die Hugenote-tonnel buite die Paarl die lewe van twee van sy geliefde leraars geëis het.

Die ongeluk het omstreeks 17:30 plaasgevind.

Eerw. Mark Pietersen Foto: Facebook

Eerw. Mark Pietersen (51) het op die toneel gesterf. ’n Tweede leraar, eerw. Johan Philips, het Dinsdag in ’n hospitaal aan sy beserings gesterf.

Nog drie predikante – eerwaardes Zuko Madikane, Carlos Gimenez en Simon Krotz – is ernstig beseer in die ongeluk. Een van die leraars is Dinsdagmiddag van die Worcester-hospitaal na die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad oorgeplaas. Die ander twee word nog in Worcester behandel.

Die predikante was volgens inligting op pad na ’n leraarsvergadering. Die ongeluk het buite die Hugenote-tonnel in die rigting van Kaapstad gebeur.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê dat een van die insittendes van ’n Toyota Avanza op die toneel dood is. “Vier ander insittendes is ernstig beseer.”

Volgens hom het die bestuurder van die tweede voertuig, ’n klein Iveco-vragmotor, ’n U-draai gemaak en voor die Avanza ingeswaai. Van Wyk sê klagte van strafbare manslag word ondersoek.

Eerw. Carlos Gimenez Foto: Facebook

Pietersen was tot met sy dood die AME-kerk op Touwsrivier se predikant. Hy was voor dit in Stellenbosch.

Gimenez is van die Ashton-kerk en Madikane van George.

’n Kollega van die leraars wat vir Phillips geken het, het hom as ’n mense-mens beskryf. Volgens die leraar was Philips veral by jeugbediening betrokke. Die predikant het Philips as ’n medelydende mens beskryf.

Philips was, voordat hy voltyds tot die bediening toegetree het, ’n bewaarder, en hy het ook daar die Woord verkondig.

Die leraar het gevra om anoniem te bly en het verdere navrae verwys na eerw. Joey Volmink, ’n hoogleraar en die geestelike leier van die Montagu-kring, waaronder die vyf predikante val.

Volmink wou nie kommentaar lewer nie en het gesê dat hy ook die families nie toestemming het om met die media te praat nie.

Pietersen se familie wou nie met die media praat nie. Op sosiale media het huldeblyke vir die predikante ingestroom.

Eerw. Zuko Madikane Foto: Facebook
Eerw. Simon Krotz Foto: Facebook
Vyf leraars van verskillende gemeentes van die AME Kerk in die Wes-Kaap was Maandag in ’n ernstige motorongeluk buite die Paarl betrokke. Eerw. Mark Pietersen het op die toneel gesterf. Eerw. Johan Philips het Dinsdag aan sy beserings gesterf.
Meer oor:  Paarl  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.