Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ongeluk eis 4 van SANW, 5 beseer

Vier lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is Sondag dood in ’n ongeluk waarby ’n Samil-voertuig, wat 11 personeellede vervoer het, betrokke was.

Foto ter illustrasie.Foto: Argief

Vyf ander het ligte beserings opgedoen en is na die Netcare St. Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, geneem, lui ’n verklaring van die weermaghoofkantoor. Drie van hulle is Dinsdag ontslaan.

Die voorval het omstreeks 17:30 in die noordelike rigting op die N3-hoofweg plaasgevind.

Luidens die verklaring was die lede van ’n reserwemageenheid in Pietermaritzburg op pad na die Boshoek-opleidingsgebied.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, dr. Sam Gulube, sekretaris van verdediging en militêre veterane, en genl. Solly Shoke, hoof van die SANW, het hul meegevoel met die familie, vriende en geliefdes van die oorledenes betuig, en wens die beseerdes ’n volle herstel toe.

Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.