Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ongeluk eis Boksburg-gesin van 4

Dit voel asof iemand iets uit haar hart geruk het, het Belinda Tenreiro gesê nadat haar dogter, skoonseun en twee kleinkinders Donderdagaand verongeluk het.

Die Janse van Rensburg-gesin van Boksburg, Clive (32), Claudia (25) en hul twee kinders, Aiden (4) en Leané (5), was op pad na Richardsbaai om by familie te gaan kuier.

Die gesin het Tenreiro op Kriel in Mpumalanga gekry, van waar hulle omstreeks 17:30 in aparte voertuie na Richardsbaai vertrek het.

Clive Janse van Rensburg (32), sy vrou, Claudia (25), en hul kinders, Aiden (4) en Leané (5), het Donderdagaand verongeluk.

Volgens Tenreiro het ’n motor reg van voor met die Janse van Rensburgs se Renault gebots.

Paul Hayward, nog ’n familielid, het Vrydagmiddag gesê die ongeluk het omstreeks 21:30 op die N2 sowat 160 km buite Richardsbaai gebeur.

Hy het gesê dis ’n geweldige skok en dat die hele familie swaarkry oor die tragedie.

Volgens hom het die gesin sowat twee keer per jaar in KwaZulu-Natal gaan kuier.

Natasha Wright, Claudia se suster, het gesê volgens die paramedici is die gesin op slag dood.

Die Janse van Rensburg-gesin word as liefdevolle mense beskryf.

Sy het gesê sy en haar suster het ’n baie goeie verhouding gehad. “Hulle was liefdevol en goeie mense. Die mooiste mense.”

Volgens Tenreiro was Aiden en Leané haar enigste kleinkinders en sy was bitter lief vir hulle.

Toe hulle stilgehou het om kos te koop was Claudia se laaste woorde aan haar: “Mamma, ek gaan sommer by die winkel chips koop.”

Tenreiro het gesê sy is so geweldig hartseer. “My hart is so verniel.”

Clive het as elektrisiën vir Lewis Transformers in Boksburg gewerk en Claudia het na die kinders omgesien.

Die gesin se Renault ná die ongeluk.

Tenreiro sê hulle was sewe jaar getroud.

Hulle het op 1 Maart hul huweliksherdenking gevier en Clive het toe op Facebook geskryf: “Happy anniversary, my sexy engeltjie. Dankie vir die vrou wat jy vir my is en die goeie mamma vir my kinders. Vandag is ons ’n volle sewe jaar getroud en eergister al 11 jaar saam. Jy bly die lig in my lewe en jou liefde loop altyd oor. Ek glo in my hart en ek sien ons saam totdat ons die dag ons kop neerlê.”

Die polisie kon teen laat Vrydagmiddag nie meer inligting oor die ongeluk verskaf nie.

Meer oor:  Belinda Tenreiro  |  Richardsbaai  |  Boksburg  |  Ongeluk  |  Padsterftes  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.