Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ongeluk tussen Worcester en Robertson eis twee

Twee mense is Saterdagmiddag laat op die pad tussen Robertson en Worcester dood in ’n ongeluk waarby vier voertuie betrokke was.

Noodpersoneel op die toneel van die ongeluk Saterdag op die toneel tussen Robertson en Worcester. Twee mense is dood.Foto: Verskaf

Kenny Africa, hoof van die Wes-Kaapse verkeersdepartement, sê die pad moes gesluit word ná die ongeluk. Dit blyk dat van die voertuie mekaar verbygesteek het toe die ongeluk gebeur. ’n Man in een van die voertuie en ’n vrou in ’n ander voertuig is dood.

Die wrak van ’n voertuig ná die ongeluk Saterdagmiddag op die R60 tussen Worcester en Robertson.Foto: Verskaf
Nog een van die vier voertuie wat in die gru-ongeluk betrokke was.Foto: Verskaf
Die toneel van die ongeluk Saterdagmiddag op die R60.Foto: Verskaf

Die ongeluk was kort ná 17:00 in die omgewing van Mowershoogte.

Africa het Saterdagaand gesê daar is Vrydag en Saterdag 13 mense in padongelukke in die Wes-Kaap dood.

Vier van hulle was voetgangers wat in Kaapstad in Observatory, Parow (twee) en Khayelitsha doodgery is.

Meer oor:  Ongeluk Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.