Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Onnie sê op Instagram hy gaan tronk toe

’n Voormalige krieketafrigter en laerskoolonderwyser by ’n skool in Kaapstad se noordelike voorstede het ’n paar dae voordat hy ingevolge ’n pleitooreenkoms gevonnis is, op Instagram geskryf hy gaan Maandag of Woensdag tronk toe.

Jacques Geldenhuys (40) het geskryf hy is die afgelope vier jaar in ’n regsgeding betrokke, maar dat hy nou moeg is en sy lot gaan aanvaar.

Jacques Geldenhuys. Foto: Instagram

“Ek gaan tronk toe Maandag of Woensdag. Baie mense het van die geveg geweet, maar vir baie sal dit as ’n skok kom.”

Hy het ook die mense wat hom op sosiale media ondersteun het, bedank. Die Instagram-blad is intussen toegemaak.

Geldenhuys is verlede Woensdag ná ’n pleitooreenkoms met die staat tien jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op sowat 152 aanklagte wat verband hou met seksuele oortredings.

Hy het in die streekhof in die Paarl verskyn.

Vier jaar van die tien jaar is vir vyf jaar opgeskort. Sy naam moet ook by die nasionale lys vir seksoortreders gevoeg word.

Geldenhuys het verlede Woensdag kort ná 09:00 by die streekhof opgedaag. Hy was vergesel van familielede en vriende en het ’n rooi rugsak by hom gehad.

Jacques Geldenhuys het die inskrywing op sy Instagram-blad gemaak ’n paar dae voordat hy ingevolge ’n pleitooreenkoms met die staat gevonnis is. Foto: Instagram

Voordat hy in November 2016 in hegtenis geneem is, was hy ook betrokke by krieketafrigting by verskeie laer- en hoërskole in die Paarl en Stellenbosch.

Jacques Geldenhuys het die inskrywing op sy Instagram-blad gemaak ’n paar dae voordat hy ingevolge ’n pleitooreenkoms met die staat gevonnis is. Foto: Instagram

Hy het tereggestaan op aanklagte van onder meer die vertoon van pornografie aan kinders, seksuele uitbuiting van kinders, en aanklagte van seksuele gereedmaking.

Daar is vroeër berig die polisie het op 19 April 2016 in sy huis beslag gelê op sy rekenaartoerusting, selfone, ’n identiteitsdokument en ’n paspoort.

Op 26 Augustus dieselfde jaar het die polisie weer by sy huis toegeslaan en op nog goedere beslag gelê.

Luidens die klagstaat het Geldenhuys in Desember 2015 in sy huis pornografie aan ’n seun (toe 13) gewys en glo voor die kind gemasturbeer.

Die staat het verder aangevoer dat hy die kind en ander kinders tussen Desember 2015 en Januarie 2016 by meer as een geleentheid seksueel uitgebuit het en die toe 13-jarige seun seksueel gereedgemaak het.

Meer oor:  Instagram  |  Kaapstad  |  Paarl  |  Krieketafrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.