Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Ons het dit sien kom,’ sê Stemmet oor SAUK wat nie betaal

Gekontrakteerde vervaardigers van SAUK- televisieprogramme het briewe gekry dat hulle nié einde Desember betaling sal ontvang nie.

Die SAUK se gebou in Auckland Park, Johannesburg.Foto: Argief

'n TV-vervaardiger, wat anoniem wil bly, het ’n afskrif van twee vertroulike briewe van die openbare uitsaaier aan Netwerk24 gestuur waarin die SAUK sê dat Desember se fakture eers in Januarie betaal sal word.

Die briewe is deur John Cronwright, programbestuurder van TV-inhoud, uitgestuur. Hy het nie op navrae gereageer nie.

Neo Momodu, woordvoerder van die SAUK, sê die stand van die uitsaaier se geldsake is welbekend.

“Ons is besig met onderhandelinge met die vervaardigers vir betalings vir werk gelewer in Desember,” sê Momodu.

Johan Stemmet, aanbieder en uitvoerende regisseur van Noot vir noot, het by navraag aan Netwerk24 gesê dit is ’n slegte situasie waaraan vervaardigers nie veel kan doen nie.

“Die SAUK is in die moeilikheid en dit is hoe dit is. Dit gaan niemand baat om daarteen te skop nie. Jy gaan niks daardeur bereik nie. Ons het dit sien kom en het verlede jaar al gebeurlikheidsplanne in plek gestel,” het hy gesê.

Danie Odendaal, uitvoerende vervaardiger van die sepie 7de Laan, se vrou, Annie Basson, wat ook jare by 7de Laan betrokke was, het op navrae gereageer.

Basson het uit Frankryk gesê Odendaal voel nie te goed nie, maar verduidelik dat sepies die meeste inkomste inbring. “Sepies bring die meeste geld in, so die SAUK sal aanhou betaal.”

Intussen sê die SAUK die Desember-salarisse en 13de tjeks van heeltydse werkers sal soos gewoonlik betaal word. Bestuurders sal geen prestasiebonusse kry nie.

Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof van die SAUK, het in Oktober gesê die uitsaaier is tegnies bankrot en nie in staat om sy finansiële verpligtinge na te kom nie. Die SAUK se salarisrekening beloop 42% van sy jaarlikse uitgawes.

“Die salarisse van 495 topbestuurders beloop R640 miljoen,” het Mxakwe toe gesê.

Kort daarna het die SAUK aangekondig 981 heeltydse en 1 200 vryskutwerkers gaan afgelê word om sy geldsake weer op dreef te kry.

Meer oor:  Sauk  |  Vervaardigers  |  Betaling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.