Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Ek het Nika ook ná ongeluk gehelp'
Steven Marks

Nog ’n man sê hy het die meisie gehelp wat haar weldoener wou bedank nadat sy ernstig in ’n motorongeluk in Bloemfontein beseer is.

Nika Hancke (17) en haar drie vriendinne is Sondagoggend in die ongeluk in Nelson Mandelarylaan beseer.

Steven Marks (30), ’n veiligheidswag, sê hy en Jaundre Wepener (29), ’n werker by ’n insleepdiens, het albei hulp aan Hancke verleen.

Netwerk24 het Woensdag berig oor Wepener (haar aanvanklike "weldoener") se besoek aan Hancke in die Pelonomi-hospitaal in die stad.

Sy wou graag dié blouoogman ontmoet wat haar hand ná die ongeluk vasgehou en haar deurentyd moed ingepraat het.

Sy is in ’n kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal nadat sy haar bekkenbeen gebreek en haar longe beseer het. Sy is aan ’n ventilator gekoppel.

Volgens Marks was hy aan diens by ’n vulstasie toe die ongeluk Sondag omstreeks 01:00 gebeur het.

Hy sê hy het hom na die toneel gehaas.

“Ek het die dame aan die passasierskant se pols gevoel omdat sy skeef met haar nek gelê het en nie beweeg het nie.” Nadat hy gesien het sy is by haar bewussyn, het hy seker gemaak dat die drie ander meisies agter in die motor reg is voordat hy die paramedici gebel het.

Ek het die dame aan die passasierskant se pols gevoel omdat sy skeef met haar nek gelê het en nie beweeg het nie.

Volgens Marks het nog ’n man, vermoedelik Wepener, op die toneel gesê hy het reeds die nooddienste ontbied.

“Terwyl ons op die paramedici gewag het, het ek die dame in die koerant (Volksblad) se hand vasgehou en haar verseker dat die Here saam met haar en haar vriende is.”

Hancke en haar vriendinne is in die ongeluk beseer toe die bestuurder van die motor waarin hulle gery het, beheer daaroor verloor het.

Die bestuurder het oor ’n randsteen tot op ’n sypaadjie gery voordat die motor ’n asblik van sement getref en tot stilstand gekom het.

Twee van Hancke se vriendinne is uit die hospitaal ontslaan, maar die derde meisie word vir swelling op die brein behandel.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Weldoener  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.