Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Ons is nie vrag,’ lui organisasie se reklamebord oor vee-uitvoer

’n Internasionale diereregte-organisasie het twee reklameborde aangebring in Oos-Londen en Pretoria om ’n bewustheid te skep oor lewende hawe soos skape wat op skepe uitgevoer word.

People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) sê in ’n verklaring die borde is opgerig nadat ’n Suid-Afrikaanse hof onlangs toestemming gegee het dat ’n Koeweitse veemaatskappy duisende skape vanaf Oos-Londen na die Midde-Ooste vervoer.

Op die borde verskyn skape met die woorde: “We love. We play. We feel pain We are not cargo. Ban live exports.”

Een van Peta se reklameborde

Die advertensieborde is langs Lukinstraat naby Selborne College in Oos-Londen en langs Garsfonteinweg naby die Woodhill-landgoed-en-buiteklub in Pretoria-oos aangebring.

Volgens Peta is sy veldtog daarop gemik om mense bewus te maak van die wreedheid teenoor diere op uitvoerskepe, waar hulle weke lank in beknopte houers en snikhete toestande sonder vars lug, kos, voldoende water of veeartsenykundige sorg moet deurbring. Peta vra ’n algehele verbod op dié uitvoer.

Baie van die diere vrek van die honger, siektes of uitputting. Ander word doodgetrap of versmoor in hul eie ontlasting. Wanneer die diere hul eindbestemming bereik, gewoonlik in lande met swak wetgewing oor dierebeskerming, duur die ellende voort. Daar word die diere verder mishandel en wrede metodes word gebruik om hulle te slag, sê Peta.

Volgens die organisasie is die vervoer van lewende diere oor duisende kilometers in sulke omstandighede ook ’n groot oorsaak van die verspreiding van dieresiektes oral in die wêreld – waaronder bek-en-klouseer en Covid-19 – wat die uitvoerskepe ’n potensiële teelaarde vir ’n volgende pandemie maak.

Jason Baker, Peta se senior adjunkpresident, sê die advertensieborde is om almal daaraan te herinner dat skape en ander diere geweldig in die lewendige uitvoerbedryf ly. “Wat sleg is, is dat Suid-Afrika – ondanks oorweldigende en deurlopende bewyse oor dekades heen van die ernstige wreedheid en gevare op lewendehawe-uitvoerskepe – steeds nie optree en die uitvoer verbied nie.”

Besoek PETAAsia.com vir meer inligting of volg die groep op Twitter, Facebook of Instagram.

Meer oor:  Vee  |  Skape  |  Vee-Uitvoer  |  Vrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.