Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ons moet onthou om te vergeet, sê Thuli

Dit is belangrik om te onthou om te vergeet – ons moet leer om die pyn wat ons al ervaar het, te vergeet, maar nie die voorval wat daardie pyn veroorsaak het nie.

Dít was prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se boodskap toe sy Dinsdag ’n toespraak gelewer het op Excelsus, die Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling verbonde aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie, se veertiende lentekonferensie.

Prof. Thuli Madonsela lewer haar toespraak op die konferensie in Pretoria. Foto: Ischke de Jager

Die konferensie vind van Dinsdag tot Donderdag by die UP en die NG kerk Universiteitsoord in Hatfield plaas. Die tema vir 2019 is “Hoe ons onthou, hoe ons vergeet. Om verbeeldingryk te leef”.

“Ons ontmoet op ’n baie kritieke tyd in die geskiedenis van ons land waar almal soek na antwoorde. Want dit is nie waar hulle verwag het om nou te wees nie,” het Madonsela gesê.

“Sedert verlede jaar was daar ’n golf van hoop met die tema ‘Die nuwe dagbreek’. In Suid-Afrika vra baie mense nou wat met dié nuwe dagbreek gebeur het.”

Dit is omdat ons “ongekende hoogtes van geweld” ervaar, sê sy.

“Dit is nie net die gereeldheid waarmee dit gebeur nie, maar ook die afgryslike vorms wat dit aanneem. Dit teiken die kwesbaarstes onder ons – kinders, jong vroue, ouer mense, mense met gestremdhede en die LGBTI-gemeenskap.”

Is dit ’n nuwe dagbreek, of is dit net bewolk, vra Madonsela.

Sy het ’n storie vertel van ’n jong vrou baie gesukkel het maar later in haar lewe steeds bo haar omstandighede uitgestyg het.

“Elkeen het ’n keuse om te onthou om te vergeet. Die vrou het gekies om te vergeet om die pyn te onthou en nie om die voorval te vergeet nie,” sê Madonsela.

“Ons kan nie kies wat met ons in die lewe gebeur nie, maar ons het die mag om te besluit hoe ons daarop reageer.

“Ons moet nie net onthou om onsself daaraan te herinner om die pyn te vergeet nie, maar ook om onsself te herinner om te onthou.”

Dit is belangrik om die verlede te onthou, want dit bepaal die toekoms, sê sy.

Madonsela het haar toespraak afgesluit deur te sê dat ons soveel moontlikhede het – ons moet net onthou wie ons is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.