Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
James Small se 1ste toets, die trane en Danie Gerber
James Small sit op 8 Augustus 1992 op die plek waar hy die bal laat val het in Suid-Afrika se toets teen Nieu-Seeland. Foto: Jan Hamman/Beeld

In Augustus 1992, met die Springbokke se eerste toets ná hertoetrede tot internasionale rugby, het James Small in sy debuuttoets teen die All Blacks laat in die tweede helfte die bal laat val met die doellyn wat wink.

Kort hierna is hy boonop by die hoekvlag in die suidwestelike hoek op Ellispark in Johannesburg uitgeduik. Small is nie te lank daarna nie weens ’n besering vervang.

Suid-Afrika het met 24-27 teen die All Blacks verloor. Toe die eindfluitjie blaas, was Small in trane en het nie saam met sy spanmaats teruggekeer kleedkamer toe nie.

Wyle Jan Hamman, destyds Beeld se hooffotograaf, het gesien wat gebeur het. Hy het destyds vertel hy het die Springbok-senter Danie Gerber kort daarna in die opdraftonnel gekry.

Danie, jy moet vir James Small gaan help. Hy is verpletter.

“Danie, jy moet vir James Small gaan help. Hy is verpletter,” het Jan aan Gerber gesê, wat daardie dag twee drieë gedruk het.

Gerber, wat 12 jaar tevore al ’n Springbok geword het, het dadelik teruggekeer veld toe, ’n simpatieke arm om sy jong spanmaat gesit en saam met hom teruggestap kleedkamer toe.

’n Paar jaar later was ek saam met Jan vir die Comrades in Durban.

Huisgenoot het Jan gevra om ’n paar foto’s van Small (wat toe vir Natal gespeel het) met sy Harley-Davidson-motorfiets te neem. Jan het ’n afspraak met Small gemaak, maar dié het nie opgedaag nie.

Die volgende dag het Natal op Kingspark teen Transvaal gespeel. Jan was langs die veld om vir Beeld en sy susterskoerante foto’s te neem. Kort ná die afskop was Small net enkele meters van Jan af. Jan het sy kans benut en Small “uitgetrap” omdat hy nie sy afspraak nagekom het nie.

“Sorrie Jan, sorrie, ” het Small geantwoord.

“Kan ons ’n nuwe afspraak maak?” het die Bok-vleuel vir Jan gevra, terwyl hy die spel aan die anderkant van die veld dopgehou het.

Die afspraak was vir 08:00 die volgende oggend by ons hotel langs die strandfront. Ek en Jan was besig om ontbyt te eet toe ons ’n paar minute voor 08:00 die gebrul van ’n Harley-Davidson hoor.

Dit was James Small.

Meer oor:  James Small  |  Rugbyspeler  |  Huldeblyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.