Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Ons sal oukei wees,’ sê Dan Kriek aan sinode oor grond

“Ons sal oukei wees,” het Dan Kriek, president van Agri SA en lidmaat van die NG Kerk (NGK), Dinsdag aan die 17de vergadering van die NGK se algemene sinode gesê.

Kriek het die sinode op die hoogte gebring oor die jongste verwikkelinge in die grondhervormingsproses. Hy was lid van pres. Cyril Ramaphosa se raadgewende paneel oor grondhervorming en die landbou en het die NGK se taakspan oor grond raad gegee aangaande Agri SA se standpunte oor grondhervorming.

“Ek wil vir julle ’n boodskap van hoop gee: Hier word op die hoogste vlak gesprekke gevoer deur almal in die landbou, waar mense praat en waar hulle na mekaar luister vir oplossings. Ek is nie negatief oor grondhervorming nie.”

Dan Kriek Foto: Carin van Schalkwyk

Kriek sê Agri SA is dankbaar oor die uitslag van ’n onlangse toetssaak – die sogenaamde Melmoth-saak ten gunste van grondeienaars in KwaZulu-Natal.

Netwerk24 het voorheen berig die grondeienaars het ná ’n 13 jaar lange hofstryd in September vanjaar uiteindelik ’n skikkingsooreenkoms met die staat bereik. Die eienaars het 9 000 ha hoogs produktiewe grond vir R760 miljoen vir die staat aangebied, hoewel die waardeerder-generaal aanvanklik die grond vir sowat R420 miljoen gewaardeer het.

“Die staat het gesien dis nie so maklik om mense ver onder markwaarde (vir grond) aan te bied nie,” het Kriek Dinsdag gesê.

Volgens hom is die rol van die kerk om voorbidding te doen, mense by mekaar uit te bring, versoening te verkondig en om prosesse te fasiliteer.

“Ek is dankbaar om te kan sê in die kringe waar ek leef, sien ek die NG Kerk as lid van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke saam met ons swart broers en susters – dís waar die oplossing vir grondhervorming lê. Almal wil vorentoe gaan en ’n beter lewe hê.”

Meer oor:  Dan Kriek  |  Sinode  |  Ng Kerk  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.