Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ons vat jou huis – vir R10

’n Bejaarde egpaar van Vosloorus aan die Oos-Rand is een van honderde huiseienaars wat gesamentlik R60 miljard van die vier groot handelsbanke eis nadat hul huise vir so min as R10 deur die banke teruggeneem is.

David Mthimunye en sy vrou, Sithembile, voor hul huis in Vosloorus aan die Oos-Rand. Foto’s: Elizabeth Sejake

Sindikate het hul huise daarna vir ’n appel en ’n ei en by insolvensie-veilings opgeraap en teen vet winste herverkoop.

David Mthimunye (73) en sy vrou, Sithembile (60), is selfs in die tronk gegooi nadat hulle agter geraak het met hul verbandpaaiemente en toe in hegtenis geneem is weens betreding nadat Absa hul huis teen R100 teruggevat het.

Die egpaar het die huis in 1989 teen R37 600 gekoop en elke maand hul verband van R600 betaal.

Hul probleme het in 2005 begin, sê Sithembile, toe haar man sy werk as ’n vragmotorbestuurder verloor het en hulle agter geraak het met hul verband.

“Ons het ’n reëling met die bank getref en ons was onder die indruk dat ons op datum was met ons verband.”

Toe ek uit die tronk uit kom, was my huis leeg en my twee seuns weg.

Gegewens by die aktekantoor toon dat Absa in 2006 slegs R100 betaal het om die huis terug te neem.

Twee jaar later, in 2008, het ’n eiendomsagent uit die bloute by hul huis ingestap en hulle meegedeel dat hy die nuwe eienaar is. “Ons het geweier om uit te trek omdat ons geweet het dat ons elke maand ons paaiement betaal,” vertel Sithembile.

Dit het geblyk dat die eiendomsagent die huis in 2008 teen R12 000 gekoop en dit in 2009 vir R280 000 aan ’n private koper verkoop het.

Die agent het die Mthimunyes toe uit die huis probeer sit deur die twee weens betreding in hegtenis te laat neem.

Hulle is tronkstraf van 18 maande opgelê toe hulle geweier het om hul huis te verlaat. Hul twee minderjarige kinders het egter in die huis aangebly terwyl die ouers nege maande lank in die tronk was. Die kinders het geen ander heenkome gehad nie.

Nomsa Mchunu voor haar huis in Vosloorus wat vir R10 verkoop is.

David en Sithembile was daarna vir nog nege maande onder huisarres en “is nie eens toegelaat om kerkdienste by te woon nie”.

“Dit was die moeilikste tyd van my lewe,” sê Sithembile. “Ek het nie geslaap terwyl ek in die tronk was nie. Ek was die heeltyd bekommerd oor my kinders wat steeds op skool was en op hul eie moes oorleef,” sê sy.

Ook weduwees is nie gespaar nie.

Nomsa Mchunu (56) en Mabula Molokomme (56), ook van Vosloorus, het hul huise ná hul mans se dood verloor nadat die banke dit teruggevat het.

In Mchunu se geval het haar man die huis vir R39 000 gekoop. Gegewens by die aktekantoor toon dat Nedbank haar huis in 1994 vir R10 gevat en dit vier jaar later teen R39 000 verkoop het.

Nedbank het ook Molokomme se huis vir R10 teruggevat en dit is later teen R200 000 verkoop.

Die weduwees vertel hulle was albei onder die indruk dat hul oorlede mans se boedels hul huise se verbande sou aflos.

Sy bly nou in ’n plakkershut in Vosloorus.

Sowel Mchunu as Molokomme sê hulle is in hegtenis geneem toe hulle geweier het om uit hul huise te trek. Terwyl hulle verhoorafwagtend was, het die nuwe eienaars in hul huise ingetrek.

“Toe ek uit die tronk uit kom, was my huis leeg en my twee seuns weg. Die laaste keer wat ek hulle lewend gesien het, was toe ek uit my huis gegooi is.”

Banke se gebruik om huise terug te vat en teen ’n bedrag heelwat laer as markwaarde te verkoop, is nou gestuit nadat ’n volbank regters van die hooggeregshof in Johannesburg verlede week bevind het dat huise net in uitsonderlike gevalle sonder ’n reserweprys verkoop mag word.

King Sibiya, voorsitter van die Lungelo Lethu-menseregtestigting, die dryfveer agter die saak, sê hulle het nou oor die eerste hekkie gekom in hul stryd om geregtigheid vir huiseienaars te verseker.

“Ons baklei volgende in die konstitusionele hof vir skadevergoeding omdat banke arm mense misbruik het met die terugneem van hul huise,” sê hy.

Die stigting verteenwoordig 225 applikante.

Die eis van R60 miljard is gegrond op ’n raming van die verliese wat gely is deur sowat 100 000 gesinne wie se huise sedert 1994 deur banke teruggeneem en toe teen ’n te lae bedrag verkoop is.

Sibiya sê die hofuitspraak maak dit nou vir banke baie moeiliker om mense uit hul primêre wonings te sit.

Meer oor:  Huislening  |  Skuld  |  Beslaglegging  |  Absa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.