Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Onsekerheid oor terrein vir 2017 se Plett Rage

Daar is steeds onduidelikheid oor waar vanjaar se Plett Rage in Plettenbergbaai, langs die Suid-Kaapse kus, aangebied gaan word.

Daar sal waarskynlik eers aanstaande maand uitsluitsel daaroor wees nadat aanvanklik gehoop is dat die Bitou-stadsraad reeds later vandeesmaand ’n besluit sou neem.

Die fees, wat elke jaar duisende matrieks en studente van regoor die land lok, word vanjaar van 1 tot 8 Desember aangebied. Aktiwiteite sal soggens om 11:00 begin en tot 22:00 aanhou.

Dit kan nie vanjaar op dieselfde terrein as verlede jaar aangebied word nie en die organiseerders het gevra dat dit na Sentraalstrand geskuif word.

Sommige inwoners was nie gelukkig met dié voorstel nie en die saak is toe na die stadsbeplanningsafdeling van die Bitou-munisipaliteit verwys.

Cameron Attwood, een van die organiseerders, sê tussen 4 000 en 6 000 mense word vanjaar verwag.

Volgens hom is dit voor verlede jaar op ’n terrein in die nywerheidsgebied gehou. In 2106 is dit op ’n terrein gehou wat aan die munisipaliteit behoort, wat nou opgegradeer word en dus nie beskikbaar is nie.

“Dit het beteken dat ons na ’n alternatiewe terrein moes soek. Die munisipaliteit het vir ons die versekering gegee dat die fees belangrik is en ons het na verskeie plekke gekyk,” sê Attwood.

“Ons het toe voorgestel dat dit op die Sentraalstrandgebied gehou word. Dit het groot voordele, want daar is byvoorbeeld verskeie sakeondernemings in die gebied.”

Huise kyk uit op Sentraalstrand in Plettenbergbaai. Foto: Eugene Gunning

Volgens Attwood het ’n openbaredeelnameproses gevolg en mense kon kommentaar lewer op die voorstelle.

Daar was besware. Van die ongelukkiges het aangevoer dat dit geraasbesoedeling kan veroorsaak en daar moontlik parkeerprobleme kan wees.

Attwood sê die saak is toe verwys na die stadsbeplanningsafdeling.

Die organiseerders het reeds voorstelle gedoen vir die opgradering van die gebied as die voorstel aanvaar word om dit te skuif. Hy benadruk die fees gaan wel voort.

Howard Swartz, woordvoerder van die Bitou-munisipaliteit, sê die saak is nie meer op die agenda vir later vandeesmaand se stadsraadsvergadering nie.

Die stadsbeplanningsafdeling het Donderdag besluit om die tydperk vir kommentaar van aanliggende eiendomseienaars vir twee weke te verleng.

Nadat die kommentaar ontvang is, sal dit oorweeg word en ’n aanbeveling sal dan aan die stadsraad gedoen word.

Dit sal nie betyds gereed wees vir die raadsvergadering in Augustus nie en sal eers oorweeg kan word op ’n raadsvergadering daarna.

* ’n Woordvoerder van Plettenbergbaai se belastingbetalers-en-inwonersvereniging sê die organisasie steun die geleentheid. “Ons wil dit hier hê. Dit verdien inkomste vir die dorp.”

Hy het gesprekke gehad met van die organiseerders en namens hul lede sekere bekommernisse uitgespreek soos byvoorbeeld moontlike geraasbesoedeling.

Hy sê die geleentheid moet reg bestuur word. As dit sou voortgaan by die nuwe terrein moet die kontrak eers vir net ’n jaar gesluit word, met die opsie om dit hernieu.

Dan kan weer daaroor besin word, afhangende van die situasie in daardie stadium.

Meer oor:  Plettenbergbaai  |  Knysna-Brande  |  Brande  |  Plett Rage
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.