Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ontvangers van toelae glo in geldskieters se visier

Sekere geldskieters eis glo tussen 50% en 112% rente op lenings wat deur die begunstigdes van maatskaplike toelae aangegaan word.

Luidens ’n verklaring van Gillion Bosman, DA-lid van die Wes-Kaapse wetgewer en voorsitter van die staande komitee oor maatskaplike ontwikkeling, het dié buitensporige renteheffings onlangs bekend geword in ’n verslag deur die menseregtegroep Black Sash en die London School of Economics.

In baie van die gevalle word die geldskieters deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) in sy uitbetalingsproses gekontrakteer, sê Bosman.

“Hierdie geldskieters maak ongetwyfeld gebruik van hul toegang tot die begunstigdes se persoonlike inligting en gevolglik word diegene wat reeds op toelae staatmaak, uitgebuit.”

Gillion Bosman, DA-LPW en voorsitter van die staande komitee oor maatskaplike ontwikkeling. Foto: www.wcpp.gov.za

Ondanks daarvan dat dit onwettig is, word kindertoelae glo soms as sekuriteit vir die lenings gebruik.

Netwerk24 het in 2019 berig die Nasionale Verbruikerstribunaal het bevind kredietverskaffers moet seker maak dié toelae word nie gebruik ten einde geld aan mense te leen nie.

Na aanleiding van die verslag sal ’n ondersoek na geldskieters gedoen word wat die ontvangers van Sassa-toelae teiken.

Bosman sê hy sal ook die navorsers nooi om hul bevindings aan die komitee voor te lê, sodat daar wetgewing en beleidsveranderings teen die probleem opgestel kan word.

“ ’n Verbod op lenings deur ’n derde party wat reeds deur Sassa gekontrakteer is, is een van ons opsies.”

Bestaande wette soos die Sassa- en Nasionale Kredietwet moet ook volgens hom strenger toegepas word.

“Sonder ingryping sal dit net die siklus van armoede laat voortduur, terwyl begunstigdes sukkel om hul skuld te delg, veral weens sulke buitensporige rentekoerse.”

Meer oor:  Sassa-Uitbetalings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.