Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ontvoerde baba lewend langs stortingsterrein gevind

Die drie maande oue baba wat Vrydag by ’n kliniek in Mamelodi, Pretoria, ontvoer is, is lewend langs ’n stortingsterrein gevind.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê Tshegofatso Nyambiri is Sondagaand omstreeks 23:00 deur ’n paartjie gevind.

“Die baba is deur ’n paartjie langs die Universiteit van Pretoria se kampus in Mamelodi-Oos gevind. Die kind is langs die stortingsterrein en die verkeersligte gevind. Die paartjie het die kind na die Mamelodi-Oos-polisiekantoor geneem, waarna die polisie hom na die Mamelodi-Wes-polisiekantoor geneem het, waar die saak aangemeld is,” sê Masondo.

Volgens Masondo is die baba se ouers daarna gekontak.

“Die kinderbeskermingseenheid is gekontak en hulle het die kind na die Mamelodi-hospitaal geneem vir ’n ondersoek. Die kind was gesond en is aan die ouers teruggegee.”

Die polisie is steeds op soek na die verdagte wat Tshegofatso ontvoer het.

Netwerk24 het vroeër berig die verdagte is volgens die polisie kort en het ’n grys hemp, ’n oranje broek en swart en grys tekkies gedra toe die persoon met die kind gesien is. Die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering.

Enigiemand met inligting kan die polisie kontak by 012 812 9062/3/4 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.


Meer oor:  Mamelodi  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.