Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ontvoerde sakeman veilig ná flink polisieoptrede

Die flinke optrede van die polisie se misdaadinligtingsdiens en speurders van Thohoyandou, het verseker dat die ontvoering van ’n ryk sakeman nie net skipbreuk gelei het nie, maar miljoene rande wat die boewe van sy gesin as losprys geëis het, ook teruggekry is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die misdaadsindikaat het die slagoffer Woensdagnag ontvoer.

’n Kartonhouer waarin miljoene rande gepak is as losprys vir ’n ontvoerde sakeman van Thohoyandou is ná ’n wilde skietery tussen die ontvoerders en die polisie teruggevind. Foto: Verskaf

Die man is glo by sy sakeonderneming in die nedersetting oorval en twee mans het hom vasgebind en hom saam met hulle geneem.

Inligting wat die polisie bekom het oor waar die miljoene rande omkoopgeld deur een van die man se familielede in Polokwane afgelaai moes word, het daartoe gelei dat ’n lokval vir die verdagtes opgestel is.

Donderdagoggend omstreeks 01:00 het die ontvoerders by die aflaaipunt opgedaag en die geld opgepik.

Die polisie het hulle in hegtenis probeer neem, maar die verdagtes het met die buit en die ontvoerde man in ’n Nissan Navara-bakkie weggejaag.

In die jaagtog wat gevolg het, het die verdagtes op die polisie begin skiet.

Die oor-en-weer-skietery het vir meer as 40 km op die R81-pad tussen Polokwane en Mooketsi aangehou.

In ’n stadium het die bestuurder van die wegkomvoertuig beheer daaroor verloor en die bosse ingejaag.

Van die miljoene rande wat as losprys vir ’n ontvoerde sakeman van Thohoyandou gebruik sou word, is ná ’n wilde skietery tussen die ontvoerders en die polisie teruggekry. Foto: Verskaf

Die bestuurder is aangekeer, maar sy makker het weggekom.

Die 50-jarige sakeman is ongedeerd in die voertuig gekry en twee sakke vol geld is ook gevind.

Tydens verdere ondersoek is die tweede verdagte geïdentifiseer en die polisie is warm op sy spoor.

Die verdagte wat aangekeer is, sal Vrydag in Thohoyandou in die hof verskyn.

Meer oor:  Lt.Kol. Moatshe Ngoepe  |  Polokwane  |  Thohoyandou  |  Ontvoering  |  Sakeman  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.