Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Onveilige’ Poyntons-gebou in Pta gesluit

Die Tshwane-metroraad het Woensdag die Poyntons-gebou in Pretoria, wat die departement van korrektiewe dienste huisves, gesluit omdat dit nie aan die nasionale bouregulasies voldoen nie en ook onveilig is.

Dit kom nadat Solly Msimanga, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metroraad, en ’n span amptenare die gebou besoek het sonder om vooraf kennis te gee.

Luidens ’n verklaring deur die kantoor van die burgemeester is die besoek deel van die middestad-herlewingsprogram wat ondersoek instel na vervalle geboue, en misdaad en dwelmmisbruik probeer hokslaan.

“Die besoek het die hartseer werklikheid belig van die toestand van sommige staatsgeboue wat nie aan die minimum vereistes vir veiligheid voldoen nie,” lui die verklaring.

Die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metroraad, Solly Mismanga (tweede van links) tydens sy besoek aan die Poyntons-gebou in Pretoria. Foto: Verskaf

1 700 mense werk in die Poyntons-gebou, wat 32 verdiepings hoog is. Daar is onder meer gevind dat daar geen water vir brandbestrydingsdoeleindes is nie.

“Omdat daar nie aan die nasionale bouregulasies voldoen is nie, het ons dadelik alle bedrywighede stopgesit en het die werknemers gevra om die gebou te ontruim. Niemand sal toegelaat word om die gebou te gebruik nie totdat die gebou aan die veiligheidsregulasies voldoen.”

Nooddienste het die eienaar van die gebou verbied dat daar enige verdere bedrywighede in die gebou plaasvind.

Die gebou gaan gesluit bly totdat nooddienste tevrede is dat die gebou aan die nodige veiligheidsvereistes voldoen.

Luidens die verklaring is dit noodsaaklik om inspeksies van geboue te doen nadat drie brandbestryders onlangs by die Bank of Lisbon-gebou in Johannesburg dood is terwyl hulle ’n brand daar bestry het. Daar is bevind dat die gebou nie aan die minimum veiligheidsvereistes voldoen het nie.

’n Gedenkdiens vir die gestorwe brandweerlede is Woensdag op Ellispark gehou.

Singabakho Nxumalo, ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, wou nie Woensdagmiddag op navrae reageer nie.

Hy het gesê ’n verklaring sal later oor die sluiting van die Poyntons-gebou uitgereik word.

Meer oor:  Tshwane-Metroraad  |  Solly Msimanga  |  Pretoria  |  Gesluit  |  Onveilig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.