Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Onverwagse’ krokodil in Gourits kry doodskoot
Nico Lerm met die krokodil.

’n Ongenooide besoeker, ’n krokodilwyfie van 2,5 m lank wat haar in die Gouritsrivier naby Albertinia tuisgemaak het, het mense onlangs behoorlik laat skarrel.

Die krokodil is op 12 Desember deur personeel van die Lasarus-wildplaas opgemerk. Dit is onbekend presies hoe die krokodil in die rivier beland of waarvandaan sy gekom het.

Sonette Lerm, wat die plaas saam met haar man, Nico, besit, vertel hulle swem altyd in die rivier.

“Ons weet glad nie waar die krokodil vandaan gekom het nie. Daar was geen spore nie. Omdat ons met wild boer, is ons baie oplettend, maar daar was niks nie.”

Ná ’n deeglike assessering van die situasie is toestemming verkry om die krokodil van kant te maak weens die gevaar wat sy ingehou het. Sy is dieselfde dag nog geskiet.

CapeNature sê by navraag hy het op 12 Desember ’n dringende oproep gekry van ’n eienaar van ’n eiendom naby Albertinia, wat aan die Gouritsrivier grens.

’n Krokodil is in die rivier opgemerk waar kinders geswem het.

Die eienaar het van ’n moontlik lewensgevaarlike voorval op sy eiendom vertel. ’n Krokodil is in die rivier opgemerk waar kinders geswem het.

Ná deeglike oorweging, insluitend die bedreiging vir mense en die natuurlike verspreiding van krokodille in die Wes-Kaap, het CapeNature toestemming gegee dat die krokodil van kant gemaak word. Die krokodil is ’n paar ure later deur die grondeienaar geskiet toe sy op ’n sandbank te voorskyn gekom het.

CapeNature sê die besluit om die krokodil te skiet, is nie ligtelik geneem nie, maar die optrede was nodig om niksvermoedende mense in die gebied veilig te hou. Die krokodil kon moontlik na die Gouritsriviermond, ’n gewilde vakansieplek, beweeg het, of na die Gouritsrivierbrug, wat ook deur baie mense besoek word. Danksy die vinnige optrede is geen kinders of volwassenes beseer nie.

CapeNature sê volgens ’n plaaslike krokodilkenner is die krokodil waarskynlik in gevangeskap geteel en DNS-toetse sal daarom nie uitsluitsel oor die krokodil se oorsprong kan gee nie.

Meer oor:  Capenature  |  Krokodil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.