Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Onwettige vervoerdienste’ in George bespreek

Die George-munisipaliteit sê hy het samesprekings “in ’n goeie gees” gevoer met alle belanghebbendes oor vervoerdienste wat glo – te midde van die voortslepende staking van busbestuurders – sonder die nodige permitte pendelaars vervoer.

’n Bus van die Go George- openbare vervoernetwerk. Foto: Verskaf

Stakende busbestuurders het Maandag van Pacaltsdorp na George opgeruk oor taxi’s wat blykbaar nie die nodige permitte het om passasiers op busroetes te vervoer nie.

Die George-munisipaliteit het Dinsdag by navraag gesê daar sal opgetree word teen vervoerdienste wat sonder permitte bedryf word.

Die staking van busbestuurders duur reeds drie weke. In George is die dienste van die Go George- openbare vervoernetwerk opgeskort terwyl die staking voortduur.

Die munisipaliteit doen ’n beroep op pendelaars om alternatiewe vervoerreëlings te tref terwyl die staking voortduur.

Verkeersopeenhopings kan verwag word en motoriste se geduld word gevra.

Meer oor:  George-Munisipaliteit  |  George  |  Samesprekings  |  Busstaking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.